Drie dood, 40 beseer toe weerlig tref

Argieffoto: CorinnaST, Pixabay

Argieffoto: CorinnaST, Pixabay

Drie mense is dood en 40 beseer toe hulle deur weerlig raakgeslaan is in die Machi-gebied naby Harding in KwaZulu-Natal.

Nomusa Dube-Ncube, LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, het gesê die mense is deel van die Shembe Nazareth Baptistekerk wat daarvoor bekend is dat hulle graag gemeentedienste onder bome hou. “Net toe die gemeenteleier besig was om die diens af te sluit, het die weerlig die gebied getref en talle mense het in verskillende rigtings gehardloop vir skuiling,” het sy gesê.

Veertig mense is beseer en deur die provinsiale nooddienste na hospitale geneem. Volgens Dube-Ncube is almal in ʼn stabiele toestand en kla net van “pyn in hul hande en voete”. Al die slagoffers was vroue tussen 50 en 65 jaar.

Dube-Ncube het haar medelye teenoor die families van die oorledenes uitgespreek. “Ek doen ʼn beroep op mense, veral in plattelandse gebiede, om nie onder bome byeen te kom wanneer daar tekens van ʼn storm is nie,” het sy gesê.

“Ouers moet ook hul kinders uit oop stroke veld hou wanneer daar donderstorms aan die gang is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

HEVW ·

Maroela verskoon dat ek hierdie ruimte gebruik. Ek verneem dat daar in Eikestadnuus beriggewing aangaande die hofgeding tussen AfriForum en US was. Die taalbeleid was tersake. Ons het nog niks van Maroela gehoor. Ek reken AfriForum sou ook waardering he as u daaroor kon berig. Maar nouja dit is seker nou mostert na die maal.

Jaco ·

Maroela het reeds gister of was dit eergister hieroor ‘n berig gehad.

Irene ·

Jammer dat daar in 24 jaar nog nie vir hulle a plek gemaak is nie om brmekaar te kom nie

scalla ·

Sou die regering nie so n tyd gelede n ondersoek geloods het insake weerlig nie? Indien wel wat was die bevinding gewees?

Johannes Meintjes ·

As dienswerker in Suider-Afrika het ek ook al onder bome bymekaar gekom. Jammer oor hierdie traumatiese insident. Mens sou nie wou sien dat die natuur of weerlig as rasisties be-oordeel word of aan nodelose ondesoeke en lukraake uitsprake onderwerp word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.