Drie dood, 5 beseer toe bakkie rol

Argieffoto: ER24

Drie mense, onder wie ʼn kind, is Sondagaand in ʼn ongeluk in Meyerton in Gauteng dood.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het omstreeks 21:00 op die Johan le Roux-pad plaasgevind.

Die bestuurder van ʼn bakkie het beheer oor die voertuig verloor waarna dit verskeie kere gerol het. “By paramedici se aankoms op die toneel is die bakkie op sy dak langs die pad aangetref,” het Van Huyssteen gesê.

Drie mense, onder wie ʼn seun van vermoedelik twee jaar oud, was reeds dood toe hulle deur die paramedici ondersoek is.

Vier mense het matige beserings opgedoen. “Een persoon met ernstige beserings het in die veld gelê,” het Van Huyssteen gesê.

Paramedici van ER24 en personeel van nog ʼn ambulansdiens het die beseerdes op die toneel gestabiliseer en met ambulanse na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Lizelda ·

Met my reis vanaf Skukuza na Pretoria Vrydagmiddag Moes ek soveel kere In die geel lyn bestuur, nie NET oor D ou agter my my vd pad wou jaag nie maar bloot oor aankomende voertuie MET sleepwaens d stadige trokke verby vat sonder Dat dt Veilig is om so te doen. So het ek 5 kop aan kop botsings vry gespring. Ongeduld en spoed is 2 Baie gevaarlike kom binaries.

Lizelda ·

Met my reis vanaf Skukuza na Pretoria Vrydagmiddag Moes ek soveel kere In die geel lyn bestuur, nie NET oor D ou agter my my vd pad wou jaag nie maar bloot oor aankomende voertuie MET sleepwaens d stadige trokke verby vat sonder Dat dt Veilig is om so te doen. So het ek 5 kop aan kop botsings vry gespring. Ongeduld en spoed is 2 Baie gevaarlike kom binaries.

Piet Pompies ·

Ons was die afgelope naweek in Nelspruit en dit is onrusbarend om te ervaar dat party padgebruikers nie die padreëls nakom. En dit is nie oor ‘n gebrek aan kennis, dit gaan oor ‘n gebrek aan respek teenoor ander gebruikers. Ek wil eerste daar aankom, al druk ek jou van die pad af, ek wil eerste daar aankom, die baan wat ek in is mag ek net regs draai maar ek gaan reguit aanry en voor jou injaag. Arrogansie en probleme kom gewoonlik in dieselfde sin voor.

Liezl ·

Piet pompies ek voel ek kan mense iets aandoen as hulle so ARROGANT is. Ek ry my spoed op ‘n groot pad, kom ons sê sommer watter pad, die Weskus pad. Dan kom die ouens van agter, gooi ligte of van vooraf gaan hul trokke verby en gooi ligte, net om vir jou te wys hulle gaan nou die trok verby, jy moet maar op die geel streep. Wie dink hulle is hulle. Ek wens elke mens wil net die padreëls nakom. Dit is onwettig om op die geel streep te ry, as julle nie geweet het nie. Dis jou besluit of jy op die geel streep wil ry of nie. Nie die ou wat agter jou ligte gooi en vir jou wil wys nie. Of as hy wel verbykom, dan wys hy vir jou hy kan op die geel streep ry. Good luck to you….dis my motor, ek betaal vir hom, wat lê nie als op die geelstreep vir pap bande ensovoorts nie. Oorsaak van die ongeluk is eenvoudig, iemand het iets stupids aangevang.

Sputnik ·

Baie selfsugtige uitkyk, Liezl. Ek het vandag 1 250 km afgelê. Baie voertuie het vir my plek gemaak deur na links oor die geel streep te beweeg, en ek kon dieselfde vir heelwat motoriste doen – ‘n wen-wen vir almal, sonder om net aan jouself te dink.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.