Drie dood, drie beseer toe trok, voertuie bots

Foto: Verskaf.

Drie mense is dood en drie beseer ná ʼn gru-ongeluk waarin verskeie voertuie betrokke was.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het Maandagmiddag op die R59- en DF Malankruising in Sasolburg plaasgevind.

Toe paramedici by die toneel opdaag, het hulle ʼn vragmotor aan die kant van die pad aangetref. ʼn Ligte voertuig was onder die wa van die vragmotor vasgekeer en beide voertuie was aan die brand.

“Paramedici het die verbrande liggame van twee mense aangetref wat binne die motor onder die vragmotor vasgekeer was. Albei persone het reeds aan hul beserings beswyk,” het Meiring gesê.

Vier ander beseerdes is op die toneel behandel. ʼn Man wat met meganiese toerusting uit die wrak van sy bakkie bevry moes word, was in ʼn kritieke toestand en het later in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Drie ander mense is in nóg ʼn ligte voertuig aangetref met geringe beserings.

Die beseerdes is vir verdere mediese behandeling na nabygeleë hospitale vervoer.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

honourable member ·

Hier is darem nou net te veel noodlottige ongelukke waarin trokke betrokke is. Ons paaie het n slagveld geword.

Anette ·

Dis nie altyd trokke nie!! Karre daar vat altyd kanse en ry voor ander karre/trokke in!! Ons ry gereeld daar!!

Neels ·

My innige simpatie met die oorledenes se naasbestaandes. Ekke keer lees en hoor ons die polisie ondersoek die ongeluk, maar die uitslag word nooi beskikbaar gestel nie. Hoeveel mense gaan nog by die kruising sterf en hoeveel trokke gaan nog mense se lewens eis voordat daar iets daadwerklik gedoen word

leser ·

dit lyk vir my met al die trok ongelukke is dat die trok bestuurders nie kwalifiseer vir lisensies/permitte nie

Wessel ·

Leser, laat my toe om jou reg te help asb. Die meeste vragmotorbestuurders lê meer km in 3 jaar af as, die meeste motoriste in n leeftyd. En dit met n totale massa van 56 ton. En wanneer die vragmotorbestuurder nie aan diens is nie, is hy n gewone motoris nes ek en jy. Oor die algemeen is hulle baie bedagsaam en uiters bekwaam. Ongelukkig het baie mororiste nie respek vir vragmotors en motorfietse nie. Mense druk voor vragmotors in en verwag hy moet maklik en vinnig stop, net om weer n ewigheid te neem om op spoed te komNog n feit is dat motorfietsryers beter motorbestuurders uitmaak, as gewone motoriste. Hulle is gewoond om heeltyd uit te kyk vir gevaar…..so ook vragmotorbestuurders.

Cherokee ·

Leser, dit is net so dat dit wat Wessel sê baie sin maak.

Annetjie ·

Ek bly in Sasolburg en vermy daai kruising sover ek kan dis n uiters gevaarlike kruising, en nee dis nie trok drywers wat agterlosig is nie meeste van die keer is dit voertuig bestuurders wat n vinnig kans vat en oor gaan. Ek wens die owerhede wil nou vereens daai pad beveilig want daar is weekliks as nie daagliks botsings daar

Chris Ws ·

Dis nou tyd dat spoor vervoer weer op dreef kom en swaar vragmotors van ons paaie afgehaal word.Ek twyfel egter of die minister van vervoer dit sal raaksien.Die anc regime is hopeloos te kortsigtig.

Nettie ·

@Chris Ws – ja? En met hoeveel werksverliese? Gaan jý daai trokbestuurders wat hul werke verloor as daar weer op spoorvervoer staatgemaak word – werk gee of hul gesinne onderhou??? Dink tog voor jy praat!

Johannes Nell ·

Ja die meeste vervoermaatskappy werkgewers neem mos liewer die uitlanders, veral Zimbabweërs in diens terwyl baie betroubare blanke mans sonder werk sit.

Nettie ·

@Johannes Nell – miskien is dit omdat die blanke werklose trokdrywers dalk “too high and almighty” is en hul neuse optrek vir sommige soorte trokdryf-werk?

Angie ·

Die probleem is nie net lorries op die pad nie. Die probleme in ons land is dat mense nie meer reels gehoorsaam nie. Niemand het bietjie geduld of tyd vir die volgende pad verbruiker nie en dis net ‘n kwessie van ek en myself. En laat daar wel ‘n ongeluk is, is dit altyd die ander party se skuld.

Asjas ·

Ek stem saam jou Angie, ek het ook die laaste tyd begin wonder hoekom moet ek pad reels gehoorsaam as Polisie en Metro Polisie nie eers kan nie. Ek ry vanoggend agter ‘n trok, op soliede wit streep, blinde hoogte EN draai. Volgende oomblik kom daar ‘n meneer verby gejaag, en kort op sy hakke Metro. Eers was ek baie bly want die meneer gaan nou beboet word, maar nee, toe ek die trok verbysteek toe sien ek die twee menere ry nog lustig voort!! In die dorp ry Metro en Polisie oor rooi robotte en stop strate, parkeer net waar hulle wil en sit en slaap onder bome. Ons Metro op die dorp se voertuie is ook nie eens padwaardig nie, voos gestamp, ligte werk nie (dis hoe ek boete vrygespring het vir remlig wat nie werk nie), die foute op die beampte se voertuig was meer as myne. Ek hou graag by die spoedgrens dan ry Metro op my dinges en probeer my intimideer, sodra hulle verby jaag probeer ek by hoe dan ry hulle 120 in 60 zones – en nee hulle is nie uitgeroep nie want die hele familie sit ook nog in kar. Weet ook nie dat jy links om sirkel ry en nie regs nie, dus … mense wat die voorbeeld moet stel kan dit nie eers reg doen nie, hulle sien daagliks mense reels oortree en kyk maar net anderpad.

Lance ·

Nell ,die probleem is die blanke bestuurders waarna jy verwys het te duur geword,hulle soek medies,pensioen,behuising ens.ens.Ons trokdrywers beskik oor al die nodige dokumentasie en van hulle is langer as10jr. by ons sonder enige insidente.Moeilik om bevoegde drywers te kry.

Tammy ·

Dit is hoog tyd dat alle trokdrywers se bestuurderslisensie nagegaan word. My seun was in n ongeluk betrokke waar die Malawiese burger al 10 jaar vir die eienaar van die trok werk en nog nooit n bestuurdersliksensie gehad het nie!

pieter ·

Ek gebruik daai kruising baie en onveilig is hy onveilig ,diselfde oggend staan ek op daai kruising en wag om regs op te draai n trok is aan die aankom en sy spoed was beslis ni 60 km/h nie ek het vir hom toeter geblaas maar nou ja hys verby ,ek bly staan want n motor volg hom teen n hoe spoed so nou ja die pad as jy van wonderfontein se kant kom is dit so moeilik om te sien watte kant to voertuie gaan sasolburg toe of reguit aan parys toe ,ditconfused motoriste .in spitstyd is menigte voertuie wat op di kruising regs gaan ma in verkeerde baan ma nou ja ,sterkte aan familie daai kruising het al menige lewens geneem bekendes en onbekendes , dan ten laaste in die vaal driehoek wrd stop tekens ,robots ens net geignoreer stop word da nie gestop nie ,selfs polisie voertuie ignoreer stop tekens verkeers beamptes is skaars of kyk sulke oortredings mis ,sperstrepe in ons dorpe word geignoreer ek dink as jy bestuurders op nasionale paaie wil regkry begin disipline afdwing in dorpe eerste , Dit heilp nie ons gooi klippe nie die kruising bly gevaarlik en iets moet gedoen word ,iemand moet dringend hierna kyk , wa is afriforum help ons met die kruising

Moeg gesmeek ·

Die SAPS Kan sy ondersoek aflas. Daardie kruising het al menige lewens geeis . Nadat Zak Van Niekerk ook daar dood verongeluk het, het die owerhede bietjie lewe gekry maar het net nog groter probleme veroorsaak met hulle “oplossing”. Daar is gesmeek en gevra en gepleit Vir n verkeerslig. Die antwoord is blykbaar eenvoudig.. dit is n provinsiale pad. Hulle Kan nie n verkeerslig oprig nie. Ek neem aan dit is genoeg rede om maar die saak dan net daar te laat. Dit is tog net mense lewens…niks kosbaar nie

Anet ·

Hierdie komentaar som probleem op. R59 dra swaar verkeer en daardie kruising is nagmerrie. Hoop en bid daar word nou na beter oplossing gesoek. Daar is in 34 jaar wat ons in Sasolburg bly net eenvoudig teveel noodlottige ongelukke. Genoeg raak nou genoeg. Dan word daar laekoste behuising ook nog by kruising beplan. Dit gaan groot probleme bring.

Hennas ·

My Vraag is of hul hul lissensies gekoop of op die regte manier gekry het? Ek werk in JHB en flip ek kners elke dag my tande met Taxis trokke en selfs karre wat alle rasse bestuur wat net voor n mens inry oor hy nie 2 min kan wag nie de hel of my kar gestamp word of gekrap word, solank die loser net eerste uitkom by dieselfde robot waar ons altwee gaan stop INELKGEVAL ek self kom van Vereeniging af het my hele lewe daar gebly en bly nou tans in JHB. Maar ek dink persoonlik as enige iemand moet blameer word is die defintief die Munisipaliteit Emfuleni, Die paaie is VIESLIK, nog niemand het ooit gedink om straatligte optesit op die R59 nie dis nog net gelos, die lyne is so verblyk mens sien nie eens in watter baan mens ry nie, Dan nie eers gepraat van die dorpe rondom die R59 se paaie nie, Daai hoofweg is ek baie bang voor en dis oor die algemeen baie gevaarlik om daar te ry!!! Ek hoop regtig dat DA kan oorvat volgende jaar met eleksies. ANC en EMfuleni is net korrup daar!!!!!!!

Sakkie ·

Die wetstoepassers moet n groooot deel van die skuld kry, hul kan nie hul werk doen nie en meer as 2 bymekaar staan hul net en gesels . Hul moet op meer plekke gesien word en kan lees en skryf . Robotte stopstrate en nog baie meer word verontagsaam en niks word gedoen nie

Thinus Erasmus ·

Soos die Ingelsman se “the bottom line is” – daar is te veel swaar vragmotors op die paaie, hul ry die paaie fisies stukkend. In die dorpe ry hul die teer strate middelmannetjies soos plaas paaie, trap die randstene, sypaadjies en stormwater inlate flenters. Kruisings word vrot gedraai en orals staan die goed en lek en mors en rook en raas.
As almal van hulle net 80km/h ry en 40 deur stedelike gebied, nie oorlaai word nie en geduldig en gemoedelik vir motoriste kans gee om verby te gaan, nie hul vreeslike skerp ligte ons mee verblind nie, en NIE enige plek van die pad aftrek om PASSASIERS op of af te laai nie, SAL DIT BAIE VEILIGER vir almal wees.
En dan kom ons by die ander aspekte van wettige en opgeleide drywers en padvaardigheid ens.
Vragvervoer is noodsaaklik MAAR lorries en spoed is ‘n DODELIKE kombinasie.

Lizzie ·

Elvin Bender het hard probeer vir ‘n brug by die kruising maar dis afgekeur omdat daar kwansuis nie fondse was nie. Hy sou Bloemfontein toe gery het met ‘n bewusmakings veldtog. Ruiter op sy Witperd ry vir regverdigheid. Sy pogings het ‘n hele paar lewens gespaar maar dit is nog steeds te gevaarlik om daar te ry. Mense kan op sy fb blad Die R59 Sasolburg Kruising gerus gaan kyk hoe hy dinge hanteer het. Dis jammer dat mense moet sterf omdat provinsie dit nie nodig geag het om na Zak Van Niekerk sy lewe saam met nog vele meer mense daar verloor het om die brug te bou nie.

Gina ·

Soos wat daar van oog getuies verstaan word, het die kleiner voertuig voor trok ingery. Was geensins trok se skuld nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.