Drie dood, drie kritiek in trompop-botsing

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Drie mense is dood en drie ernstig beseer in ʼn grusame botsing Sondagoggend op die M4 aan die KwaZulu-Natalse Noordkus.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê hoewel die oorsaak van die ongeluk nie in hierdie stadium bekend is nie, wil dit voorkom asof twee motors teen ʼn hoë spoed reg van voor teen mekaar gebots het.

“Toe paramedici by die toneel opdaag, het die wrakstukke van die twee motors oor die pad versprei gelê. Brandweerbeamptes moes meganiese toerusting gebruik om insittendes uit die wrakke uit te sny, terwyl paramedici in die voertuie moes inklim om by die beseerdes uit te kom,” het hy gesê.

Volgens Botha het drie van die insittendes reeds aan hulle beserings beswyk, terwyl nog drie in ʼn kritieke toestand was. “Die pasiënte is op draagbare gestabiliseer en na verskillende hospitale gehaas,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

DPJ ·

Die vraag bly staan hoe gereeld laat bestuurders hulle oë toets. Net die toets wat wet hernuwing gepaart gaan? Mense is baie nalatig met hulle gesondheid en moegheid pla hulle ook nie. Hul wil net so gou moontlik by hul besteming uitkom

Peet Schabort ·

Hierdie trompop botsings is nou so algemeen dat daar ook hiervoor wettige padreëls gemaak moet word.
Een wat reeds deur sommige padvarke toegepas word is om jou te waarsku dat hulle d.m.v. ligte te flikker besig is om verkeer verby te steek aan jou kant van die ryvlak.
Tweedens en lewensbelangrik is dat sou daar nie genoeg ruimte wees aan JOU kant van die pad dan MOET die oortreder van die pad afswenk en maar die gevolge dra. Dit het al sovele kere gebeur dat die twee voertuie mekaar af van die pad tref.
Hopelik sal die owerhede hieraan aandag gee.

ALETE MULLER ·

Ek is gladnie verbaas oor die baie trompop botsings nie. Ek glo die meeste daarvan vind plaas agv van selfoongebruik terwyl daar bestuur word. ‘n Groot oorsaak van padongelukke glo ek ook, is agv mense wat dink hulle moet vir die passasier kyk terwyl hulle praat en bestuur.
Kan daar nie ‘n plan gemaak word wat selfoon seine stuit terwyl die voertuig aangeskakel is nie?

Berhalet Beukes ·

Nalatigheid is die grootste probleem op ons paaie… Mense probeer voertuie verbysteek sonder om regtig aankomende verkeer in ag te neem, of selfs om te gee soos ek self al ondervind het. Dit moet eintlik gewettig word dat daar “dashboard” kameras in motors moet wees sodat mense aanspreeklik gehou kan word indien hulle nalatig is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.