Drie dood, een beseer toe motor rol

Paramedici het drie oorledenes in die motor in die suikerrietplantasie aangetref. Foto: IPSS Medical Rescue

Drie mense is dood en een ernstig beseer in ʼn ongeluk Woensdag noord van Durban in KwaZulu-Natal.

Blykbaar het ʼn motorbestuurder vroegoggend op die R74 in Glendale, naby Ballito, beheer oor sy voertuig verloor, waarna dit meermale gerol, teen ʼn hoogte afgestort en in ʼn digte suikerrietplantasie tot stilstand gekom het.

By hul aankoms op die toneel het IPSS Medical Rescue se mediese reddingspan vasgestel dat drie van die insittendes, almal mans, geen tekens van lewe getoon het nie, sê Paul Herbst, IPSS-woordvoerder.

“Die bestuurder van die voertuig het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel behandel voordat hy na ʼn hospitaal vir verdere behandeling gebring is.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jessica ·

Lodewyk i agree with you, it was a VW, speed kills when you want to race

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.