Drie mense is dood en een ernstig beseer in ʼn ongeluk Woensdag noord van Durban in KwaZulu-Natal.
Blykbaar het ʼn motorbestuurder vroegoggend op die R74 in Glendale, naby Ballito, beheer oor sy voertuig verloor, waarna dit meermale gerol, teen ʼn hoogte afgestort en in ʼn digte suikerrietplantasie tot stilstand gekom het.
By hul aankoms op die toneel het IPSS Medical Rescue se mediese reddingspan vasgestel dat drie van die insittendes, almal mans, geen tekens van lewe getoon het nie, sê Paul Herbst, IPSS-woordvoerder.
“Die bestuurder van die voertuig het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel behandel voordat hy na ʼn hospitaal vir verdere behandeling gebring is.”
Lodewyk i agree with you, it was a VW, speed kills when you want to race