Drie dood in boendoegeweld

Lt.genl. Lebeoana Jacob Tsumane. Foto: SAPD/Twitter

Die waarnemende nasionale polisiekommissaris het twee voorvalle waarin drie mense tydens boendoegeweld vermoor is ten sterkste veroordeel.

Lt.genl. Lebeoana Jacob Tsumane het gesê die voorvalle het onderskeidelik in Gauteng en die Oos-Kaap plaasgevind. Ses verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die voorvalle.

Die eerste voorval het Maandag in Stinkwater, noord van Pretoria, plaasgevind waar twee mans aangerand en aan die brand gesteek is nadat gemeenskapslede hulle daarvan beskuldig het dat hulle deel is van ʼn sindikaat wat bankkaarte kloon. Die twee mans se motor is ook aan die brand gesteek.

Die ander voorval het in Mbizana plaasgevind waartydens ʼn 49-jarige man vermoor en aan die brand gesteek is. Die oorledene was glo ʼn tussentydse stamhoof en die voorval het ná ʼn vergadering plaasgevind. Ses verdagtes, tussen 28 en 57 jaar oud, is in hegtenis geneem in verband met dié voorval.

Tsumane het die voorvalle ten sterkste veroordeel en die polisie in die onderskeie provinsies opdrag gegee om die gebeure te ondersoek en nog verdagtes in hegtenis te neem. Hy het die voorvalle met anargie vergelyk.

“Gemeenskappe is die oë en ore van die polisie en wanneer iemand van ʼn misdaad verdink word, moet die gemeenskap dit by die polisie aanmeld vir verdere ondersoek.”

Tsumane het gesê dit is ook ʼn misdaad om eie reg te gebruik en dat die volle mag van die gereg oortreders se voorland sal wees. “Ons sal nie dié soort gruwelike misdaad duld nie. Die gemeenskap moet enige kriminele aktiwiteite by die polisie aanmeld. Niemand mag die reg in eie hande neem nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Whatever ·

Dalk as die polisie wakker word of die mag gegee word om SKELMS en moordenaars aan te keer en te skiet wat hulle aanval sal mense minder hulleself tot boendoegeweld rig.

Elize ·

Ek is 100% vir hierdie boendoe howe want iets word gedoen wanneer die polisie elders is

Stuiwer ·

Ek hoop nie jy is ten gunste daarvan dat mense aan die brand gesteek moet word nie???

Reinhardt ·

Stem saam. Ten minste raak hulle ontslae van die probleem.

ZAR ·

Doen jouself die onguns en gaan kyk wat so lewendige aan die brand steek of necklacing behels en dink as dit jou kind of geliefde was wat deur mense veroordeel was. So ‘n prentjie kry jy nooit uit jou kop uit nie. Vandag is dit ‘n vermeende moordenaar en dief, môre is dit die man/vrou wat egbreuk pleeg, daarna is dit oop vir almal wat iets verkeerd gedoen het in een persoon se oë. Die wet is daar vir ‘n rede. En moenie vergeet nie, die witmense word uitgekryt as moordenaars, verkragters en diewe…

ZAR ·

Dink mooi voordat jy so iets goed praat… môre is dit dalk jy oor jy mandjie gesê het.
Ons het ‘n regstelsel vir ‘n rede. Moenie sleg, goed noem nie.

Clipper ·

Ek is ook sterk gekant teen hierdie tipe teregstellings en enigeen wat dut goedpraat is net so skuldig. Die polisie sal moet strenger begin optree teen misdaad en die howe sal die malligheid van borg vir almal moet stop, as hulle boendoehowe wil laat ophou. Die regering praat maar tree nie daadwerklik op teen misdaad nie

Stef ·

Die sukses koers vir die Polisie se vervolgings is iets soos 15%. Geen wonder hulle neem self oor nie

Monica ·

Miskien as die polisie hulle werk doen waarvoor hulle betaal word, sal dit nie gebeur nie…. maar deesdae het die kriminele mos meer regte as die wetsgehoorsames…..

Stuiwer ·

Klink nie na “wetsgehoorsames” nie! Hulle steek dan mense aan die brand!

Gerda ·

Ja, hierdie voorvalle is anargie. Anargie wat die regering geskep het en toelaat.

Johan H. ·

Lyk my die success rate van die boendoe howe is 100% terwyl die polisie sn 0% is,,

Karen ·

Daarmee Johan stem ek ten sterkste saam, dit word ten sterk veroordeel?, is dit al? geen niks verder nie.

jaco ·

2 mans kloon bankkaarte. AL die bewyse is daar, maar gaan jy na di SAPD is daar die een verskoning op die ander waarom hulle nie betrokke wil raak nie. Redes is onder andere:
1. ons het nie n voertuig om nou te gaan kyk wats fout nie
2. jy moet gesien het die karate word gekloon en n foto as bewys gee
3. jou kaart moet self gekloon wees en jy moet bewys he hulle het dit gedoen
So wat maak mens met so n polisiediens wat nie belangstel om misdaad te bekamp nie? Ek praat nie boendoe-gereg goed nie, maar ek verstaan die klaers se frustasie.

HPV ·

Hierdie mense het een of ander siek obsessie met vuur en brand, alles word aan die brand gesteek selfs mekaar…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.