Drie dood in botsing

Foto: ER24

Drie mans is dood en 11 mense beseer in ʼn botsing Donderdagaand in die Walkerville-area, suid van Johannesburg.

ʼn Taxi en ʼn bakkie het op die R82 gebots, het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê.

“By paramedici se aankoms het die bakkie en die taxi in die pad gestaan en daar was mense oral op die toneel. Twee mans in die taxi en een ʼn man in die bakkie was reeds dood.”

Minstens 11 ander pasiënte is op die toneel behandel. Drie mense was in ʼn kritieke toestand terwyl die ander agt ligte tot matige beserings opgedoen het.

Die beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere mediese sorg. Een van die kritiek beseerde pasiënte is per helikopter na ʼn hospitaal geneem.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
emily

Spoed, Ongeduld, Haastigheid, Onpadwaardige voertuie en Die pad behoort aan my laat dit gebeur.
ALWEER N TAXI.

Michael P

Taxi ‘s is totaal en al buite beheer in S A. En maak net soos hulle wil op ons paaie. En hulle betaal nie eers belasting nie.

GP

Rede daar is nie meer iets soos pad reels nie veral taxis ry soos hulle wil, Ook geen respek vir enige wets toepassers nie. Metro poilisie sit en speel op hul selfone waar hulle ookal staan langs die pad is om kamstig te werk. Kan netsowel ‘n klip daar neersit.

Manie

Hier is totale wetteloosheid in die land en dit kan ook gesien word in hoe mense hulle motors bestuur. Ek sien daagliks op die paaie hoe mense die wette van die pad minag

SjN

Nog n taxi wat betrokke is, drastiese optrede deur owerheid moet gebeur.