Drie dood in Centurion-botsing

Foto: ER24

Drie mense is dood en twee beseer in ʼn botsing reg van voor Donderdagoggend in Centurion.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê hul paramedici sowel as personeel van ander dienste het kort na 09:00 op die toneel op die N14 aangekom.

“Die twee voertuie wat reg van voor gebots het, het aan die kant van die snelweg gestaan. Albei voertuie het groot skade in die botsing opgedoen.”

Meiring het gesê drie mans en ʼn vrou is in een van die motors aangetref. “Twee van die mans en die vrou het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Die ander man was in ʼn kritieke toestand en is op die toneel behandel voor hy na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas is vir verdere mediese sorg.”

ʼn Vrou is in ʼn ernstige toestand in die ander motor aangetref. Sy is ook op die toneel behandel voor sy na ʼn hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Die presiese omstandighede van die botsing word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sobymykoolkop ·

Die presiese oorsaak is mos dan nou ń kop aan kop botsing, wat in effek beteken dat een van die 2 in ń baan was waar hy/sy nie moes wees nie.

Stofdonkie ·

Dis die aanname wat ek ook sou maak. Verkeerde rigting op ‘n snelweg ry klink vir my na ‘n vinnige ondersoek.

Hexadane ·

Medelye aan die families wie hulle geliefdes verloor het.

Die is net na n mens onder deur Hendrik Verwoed se brug ry PTA rigting. Dit is hoogs mootlik dat die een voertuig van PTA na JHB op pad was en beheer verloor het en oor die middelman gery het. Mens mag net 100km/h daar ry weers kante van die snelweg maar ek het al baie gesien hoe daar gejaag word dat dit lyk of mens stil staan soos daar verby jou gery word.

koos10 ·

Daar is hordes dinge wat skeef kon loop, maar as jy vir Cele vra, gaan alkhol die skuld kry.

Leon ·

Die mense jaag soos malgoed. Dan stop dom mense in die middelbaan, en jy moet uitswaai en jy beland aan die ander baan, of soos met my gebeur het, ‘n dom vrou doen ‘n u-draai oor die middelmannetjie reg voor verkeer in. dan moet jy uitswaai en jy beland aan die anderkant van die pad.

Amatambo ·

My seun – self ‘n hoogs-gekwalifiseerde paramedikus, het self by die toneel aangekom toe hy op pad huis toe was, maar daar was reeds van sy kollegas (hy het hulle ook by name genoem) by die toneel, dus het hy aangery nadat hulle hom verseker het dat hulle reeda alles onder beheer het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.