Drie dood in gru-ongeluk op N2

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

Drie mense is dood en drie ander ernstig beseer in ʼn trompop botsing Vrydagaand op die N2 in Kaapstad.

Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het gesê die twee motors het teen mekaar gebots op die hoofweg naby die Spineweg-afrit. Al ses mense is uit die voertuie geslinger.

“Drie van die insittendes is op die toneel dood en die ander passasiers is in ʼn kritieke toestand,” het Rossouw gesê. Die beseerdes is onderskeidelik na die Tygerberg- en Groote Schuur-hospitaal gehaas.

“Dit is nie in hierdie stadium duidelik hoe die botsing plaasgevind het nie, maar die polisie is op die toneel om die ongeluk te ondersoek,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.