Drie dood in gru-ongeluk

Foto: Marshall Security.

Drie mense is dood en nog ‘n persoon is beseer toe ʼn motor in die agterkant van ʼn stilstaande vragmotor by ʼn vulstasie vasgejaag het.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 00:15 Vrydagoggend op Noordkusweg naby die Effinghamweg-afrit in die Red Hill-omgewing van Durban plaasgevind.

Ooggetuies beweer die bestuurder van die rooi VW Golf GTI het beheer verloor oor die motor en in ‘n vragmotor wat by ʼn vulstasie geparkeer was vasgejaag. “Die polisie sal egter die presiese omstandighede rondom die voorval ondersoek,” het Dollman gesê.

Volgens Dollman het Netcare 911-paramedici saam met ander nooddienste by die toneel opgedaag.

“Een pasiënt was in ʼn kritieke toestand en moes aan ʼn asemhalingsmasjien gekoppel word. ʼn Ander persoon het matige tot ernstige beserings opgedoen.” Volgens Dollman moes brandbestryders meganiese toerusting gebruik om die vasgekeerde insittendes uit die wrak te bevry. Hulle het die dak van die voertuig verwyder.

Die pasiënte is op die toneel gestabiliseer en na nabygeleë hospitale vervoer vir verdere mediese behandeling.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Crisis Medical, het intussen bevestig die kritiek beseerde pasiënt is kort ná aankoms by die hospitaal dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Chris Ws ·

Duidelik was die bestuurder nie opgewasse vir die werkverrigting van ‘n Golf GTI nie.Tragies.

Asjas ·

Ek sal ook nie moontlikheid van spoed en die invloed van drank uitskakel nie, maar voor ek iemand se gevoelens seermaak, kom ons se maar net dat die petrol pedaal vasgehaak het.

Jeannette ·

@Chris Ws – my presiese gedagtes. dalk drank of dwelms ook betrokke? Maar drie mense is te vroeg en onnodig uit die lewe geruk. Simpatie aan die oorledenes se families.

Daan Erasmus ·

Net na middernag. As ek moet raai was spoed en/of drank betrokke. Kom ons leer it uit hierdie tragedie.

Brie-brie ·

Ek stem saam met julle ander se antwoorde. Ek dink ook daar was definitief spoed betrokke. Om so metaal te vrommel is duidelik spoed een van die kwessies.

"oop lippe" ·

Daai Woerpha kar het volgengs stats die meeste jong mense se lewens in SA geeis. Dis waarom hulle hom noem WOERPHA want hys te vinnig vir enige jeugdige.

Max ·

Hoekom kan ons nie net sê sterkte aan familie en vriende AS ons iets te sê het. Mense dit het niks met ons te doen of drank dwelms spoed of ñ menslike fout betrokke is nie. Dis al klaar ñ hartseer storie vir hulle naasbestaandes.

CQ ·

Nee Max! Dit het ALLES met ons te doen. Daar word daagliks onskuldige mense se lewens verwoes deur winties wat jaag en drink.
Net paar maande terug is daar n 21 jarige meisie dood in George afv onwettige street racing.
Ek hoop net daar is geen ONSKULDIGE mense in hierdie voorval oorlede nie.

Wern ·

Stem saam met CQ! Dis van te veel simpatie met oortreders dat die land so gevaarlik is.

"Eksê" ·

Oz innige simpatie. Dis nou waar WUURPHA verby gegaan het.

Pateties ·

Jong mense hou mos daarvan on die GTI’s te jag en kan nie die spoed hanteer nie .

Piet Pompies ·

Die registrasie nommer van die GTi is Swaziland, ek stem saam met die kommentaar dat spoed en ervaring ‘n rol gespeel het. Geen voertuig kan soveel skade opdoen waar die spoedgrens 60 of 80 km/h is…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.