Drie dood in Inanda-skietvoorval

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

Die polisie in Inanda, KwaZulu-Natal, doen ʼn beroep op enigiemand wat inligting kan verskaf oor ʼn skietery Woensdagaand (29 Desember) in Newtown. Die skietery het omstreeks 19:30 plaasgevind en die lewe van drie mans geëis.

Maj. Thulani Zwane het gesê ʼn groep onbekende mans het glo losgebrand op die drie slagoffers. Een slagoffer (18) is op slag dood, terwyl die ander twee slagoffers, wat onderskeidelik 24 jaar en 26 jaar oud was, later in die hospitaal aan hul beserings beswyk het.

“Die motief vir die moord is onbekend en die oorledenes is nog nie identifiseer nie,” het  Zwane gesê.

Die KwaZulu-Natalse provinsiale kommissaris, lt. genl. Mmamonnye Ngobeni, het die moorde ten sterkste veroordeel. “Dit is onvaarbaar dat mense koelbloedig afgemaai word. Ons doen ʼn beroep om die gemeenskap om alle inligting slegs met die speurders te deel,” het sy gesê.

Enigiemand wat lig op die voorval kan werp, kan Inanada se polisie bel op 031 510 9941 of Crime Stop op 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.