Drie dood in Lanseria-botsing

Foto: ER24

Foto: ER24

Drie mense is Dinsdagmiddag dood en nog een het kritieke beserings opgedoen in ʼn trompopbotsing op die R512 in Renosterspruit, naby Lanseria.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die vyf insittendes van een van die motors was in die wrak vasgekeer. “Paramedici en brandbestryders van die Lanseria-brandweer moes die vasgekeerdes met meganiese toerusting uit die wrak verwyder.”

Volgens Vermaak het drie van die mense reeds aan hul beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar. Een van die ander insittendes is kritiek beseer en is per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir dringende mediese sorg. Die vyfde insittende het matige beserings opgedoen is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

ʼn Veiligheidswag wat die ander voertuig bestuur het, het matige beserings opgedoen en is op die toneel behandel voordat hy ook na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling. Hy was alleen in die voertuig ten tyde van die botsing.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Landi Slatter ·

Dagsê t,

Dankie vir jou navraag. Ons vra om verskoning dat dit nie in die oorspronklike berig verskyn het nie, die berig is nou gewysig met die datum van die ongeluk.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Charmaine Vermaak ·

Sou baie graag meer inligting oor hierdie ongeluk wou he indien daar enige is. Renosterspruit ongeluk 27 September 2016

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.