Drie dood in ongeluk midde aandklokreël

(Foto: Verskaf)

Drie mense is dood en een ernstig beseer in ʼn kop-teen-kop-botsing buite Phalaborwa in Limpopo. Die ongeluk het Sondag 02:30 op die R71 plaasgevind. Die huidige aandklokreël bepaal dat motoriste nie tussen 21:00 en 04:00 op die land se paaie mag wees nie.

Volgens die departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid in Limpopo het die ongeluk gebeur toe die bestuurder van ʼn Volkswagen Polo beheer oor die voertuig verloor en reg van voor teen ʼn Ford-sedan vasgery het. “Die bestuurders van albei voertuie en die passasier van een van die motors is op die toneel dood verklaar. Nóg ʼn passasier is in ʼn ernstige toestand na die naaste hospitaal geneem.”

Mavhungu Lerule-Ramakhanya, Limpopo se LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid, het haar medelye met die familie van die oorledenes betuig, maar ook haar kommer uitgespreek dat sommige motoriste steeds die aandklokreël oortree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Francois ·

Hoekom word die mense nie beboet of arristeer as hulle die aandklok verontagsaam nie. Dit is soos die wat die regering net kla maar niks foen om dit te stop nie

Alta ·

Hoekom moet net motoriste beboet word as hulle die aandklok reël verontagsaam. Wat van al die proteste wat nou aangaan oor Zuma

Cherokee ·

‘Beheer oor die voertuig verloor’ is so niksseggend.
Daar was beslis uiters min voertuie op die pad – slegs die wat die kans wou vat. Dit is soos twee karre wat kop aan kop bots in ‘n woestyn.

Sê Ook Maar Net ·

Ek bly in Pretoria Oos binne sig afstand van Atterbury Weg. Baie aande stap ek tot voor in my Erf. Dit gaan my verstand te bowe hoeveel voertuie LANK na die 21h00 aandklok reel nog rondry. Ek tel tot VYF “siviele/gewone”voertuie op ‘n slag wat by die verkeerslig staan laatnag. Nou vra ek myself ” Wie dink hierdie mense is hulle om nie gehoor te gee aan die reels nie, is hulle beter as die res van ons?” EN Waar gaan hulle heen of kom hulle vandaan.? (Ek praat nie van sekuriteits voertuie ens nie). Ek wens partykeer ek kan die klomp aankeer polisie stasie toe en ‘n paar aande in die selle te laat slaap.

Ovelia ·

Stem saam. Wat soek hul na aandklok reel buite oppad.? Dan wat my pot se deksel is hoe kan hulle die betogers tolaat om deur die nag.amok te maak? Mnr Cele jou standaarde is dubbel

SomeOne ·

die regering se stop stop, maar loop of ry voor die wat gestop moet word, slap in hul bene en verstand

Saartjievandiebosveld ·

”OUR PEOPLE” doen net soos hulle wil….

Nico ·

Hierdie aandklok reël is een groot klug, dit is net van toepassing op’n sekere groep mense in die land, die ander groep word beboet en toegesluit.

Janine ·

Ek ry my 1900 TDI Polo al 14 jaar lank. Nog nooit ‘n ongeluk gemaak of veroorsaak nie (touch wood). Niks met voertuig te doen nie, wel die idioot agter die stuur.

watverteljymynou ·

Arresteer hulle en forseer hulle om dan vir 2 – 3 maande binne ‘n Covid – hospitaal te gaan skoonmaak- werk doen !

AH ·

Soos met alle reëls in Suid-Afrika is daar net ‘n handjievol mense wat gehoor gee daaraan, of dit nou padreëls of inperkingsreëls of die manier van ‘n masker dra is, daar is hordes wat dink reëls is vir “ander mense” bedoel en hulle kan aangaan soos hulle wil. Dit maak my briesend!!

Niklaas ·

Dis nou die tragiese gevolge van reels ignoreer. Sommiges wil nie ag slaan op wette nie en nou is daar baie hartseer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.