Drie dood in tragedie op Vrystaatse plaas

plaas-polisie-veld

Argieffoto

ʼn Vrystaatse boer het Donderdagaand na bewering sy dreigement uitgevoer en ʼn buurman doodgeskiet, waarna hy en ʼn konstabel tydens ʼn skietery met die polisie ook hul lewe verloor het.

AO Groenewald van die polisie op Koffiefontein in die Suidwes-Vrystaat het terwyl sy omstreeks 23:00 Donderdag op patrollie in die distrik was inligting van ʼn verdagte voertuig op die wildplaas Dassieskop ontvang, sê kol. Thandi Mbambo, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

“Sy het besef die betrokke voertuig behoort aan die 36-jarige Coenraad Badenhorst, ʼn boer van ʼn naburige plaas wat die 60-jarige Paul Nel van die plaas Dassieskop na bewering al voorheen gedreig het,” sê Mbambo.

Terwyl sy op pad na die plaas was om ondersoek in te stel, het Groenewald vir Nel gebel om hom te waarsku om versigtig te wees. “Maar terwyl sy met hom gepraat het,” vertel Mbambo, “het sy geluide gehoor. Die volgende oomblik is die oproep kortgeknip.”

Sy het vinnig nog lede van die polisiestasie ontbied. Met hul aankoms op die plaas het hulle Nel se liggaam met ʼn kopwond op die voorstoep aangetref.

Mbambo sê Badenhorst, wat in daardie stadium blykbaar in bosse daar naby geskuil het, het op die polisie geskiet. Konst. Vuyani March (27) is in die kop getref en op die toneel dood. Sers. George Cavert (41) is in die gesig getref en na ʼn hospitaal in Kimberley gejaag.

Die lede het teruggeskiet en die verdagte getref.

“Die lede het teruggeskiet en die verdagte getref,” sê Mbambo. “Hy het op pad hospitaal toe beswyk.”

Die polisie ondersoek drie aanklagte van moord en twee van poging tot moord.

ʼn Inwoner van Koffiefontein, wat anoniem wil bly, sê die hele dorp is stomgeslaan deur die tragedie op Dassieskop.

Volgens haar was Nel, wat deur twee dogters oorleef word, met sy tweede vrou, Alvira, getroud. Sy is heelwat jonger as hy en het heeltyds aan die Kaapse suidkus gewoon terwyl hy gereeld Koffiefontein toe gekom het om sy sakebelange te behartig.

Die inwoner sê Nel se eerste vrou woon nog op die plaas. Nel het glo in ʼn ander huis op die wildplaas tuisgegaan wanneer hy daar oornag het.

Nel was ’n omstrede figuur in die plaaslike gemeenskap.

Badenhorst, wat enkellopend was, maar ’n meisie gehad het, het volgens ’n inwoner die polisie vooraf gebel om te sê hy gaan Nel skiet omdat dié hom glo geld geskuld het vir grond wat hy jare gelede by Badenhorst gehuur het. Die inwoner sê Nel was ’n omstrede figuur in die plaaslike gemeenskap.

Lt.genl. Moeketsi Sempe, provinsiale polisiekommissaris, het sy skok oor die voorval uitgespreek en betuig sy innige meegevoel met al drie oorledenes se naasbestaandes.

“Dit is jammer dat ʼn mens moet wakker word met so ʼn ontstellende tyding waar nog een van ons lede doodgemaak is in die uitvoering van sy pligte,” sê Sempe. “Ek wens die beseerde lid wat in ʼn hospitaal in Kimberley opgeneem is spoedige beterskap toe.”

March is die derde plaaslike polisielid wat binne minder as twee jaar sy lewe verloor. Op die oggend van 29 Junie 2017 is twee konstabels, Obert Boitumelo Mekoa en Mzonani David Manjo (albei 32), deur hul kollegas in die gemeenskapsdiensentrum aangetref.

Mekoa is een keer in die kop geskiet en Manjo in die rug en kop. Een van die oorledenes se dienspistool is van die toneel verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Iemand ·

Die doodstraf is nie ‘n effektiewe afskrik middel nie. Dit sou niks gehelp het in ‘n geval soos hierdie nie. As mens se hart so vol haat is dat jy beplan om iemad anders te vermoor, dan is jy so verblind deur woede dat selfs die doodstraf jou nie sal afskrik nie. Inelkgeval is ‘n lewe agter tralies baie erger as die doodstraf. ‘n Beter oplossing sou gewees het om vir mense van kindsbeen af te leer hoe om hul woede te beheer. Baie kinders word grootgemaak met die voorbeeld dat ‘n dispuut beiendig word met ‘n gevloekery en ‘n bulderende stem, as dit nie werk nie, dan word dreigemente gebruik, dan vuisgevegte… dis veral seuns wat die gedrag aanleer by hul pa’s en op TV. Inplaasvan om die doodstraf terug te bring, leer kinders op skool hoe om konflik te hanteer, hoe om woede kreatief om te draai in iets wat oplossings bring. Die man se woede het 3 mense se lewens gekos.

Nettie ·

@Essie – ek sê dit weer en sal dit AANHOU sê: Wil julle REGTIG die mag/besluit oor lewe en dood in hierdie ONKAPABELE, RAS-BEHEPTE REGERING EN SY REGSTELSEL plaas??? Onomwonde gestel: daar sal bitter vinnig van baie blankes “ontslae” geraak word op hierdie wyse.

Dan: dink ook daaraan dat die doodstraf maar eintlik niks anders as “lewenslank” in SA is nie (behalwe as jou naam Janusz Waluś is, want dan bedóél hulle LEWENSLANK). Doodstraf word opgelê, maar enige doodveroordeelde ‘sit’ gemiddeld 10 – 15 jaar voor die straf (indien wel) voltrek word. In daardie 10 – 15 jaar is die doodveroordeelde niks anders as ‘n gewone gevangene wat deur die belastingbetaler onderhoud word t.o.v. kos, klere, behuising, mediese sorg e.d.m. nie.

En dit is bewese dat doodstraf NIE mense afskrik of verhoed om misdaad te pleeg nie.

esmarie moolman ·

te veel moorde vind nou plaas in s.a.drasties sal n stap geneem moet word.vandat doodstraf weggevat is,het misdaad erger begin toeneem.die doodstaf het mense twee keer laat dink.en baie afgeskrik.

M ·

@Nettie … Dis ons Afrikaners se grootste kwaal. Ons praat baie en DINK min. Vrydae en Saterdae aande vloei die brandewyn en Sondag sit ons vroom in die kerk. En dan gooi jy die ou kuierkie by die buur vrou so nou en dan ook in, Al lankal gese ons is nie die skerpste van nasie nie … Dan wil almal weet hoekom God se rug gedraai het op die ou Christelike volkie. Nou ja gooi die kritiek :-)

zoeye ·

hoe verskriklik hartseer is dit, en wat wys dit nou die wêreld?
soveel lewens verander omdat een man dink hy kan God speel
ek’t ‘n haat gekry vir veral hierdie egosentriese trotse mans, ek weet wanneer hulle
eers kwaad is is daar geen keer, en raai wat hulle is 90% vd wit!
ek is so jammer vir al die wat agterbly mag Jesus met julle wees
die wêreld is mal!

Ai ·

Ai zoeye, moet jy selfs hier die kleurkaart inbring?! Word groot en besef dat elke mens ‘n individue is en dat dade nie aan kleur gekoppel kan word nie.

Chris Ws ·

Ek sal graag wil hoor waar jy jou statistiek vandaan gekry het om te beweer 90% is wit?Jy beweeg dus in alle rasse kringe?Boel Zoeye!

zelda ·

was dit nou nodig?
omdat jy eerder kwaad wou wees besluit jys God en moord pleeg.
nie seker of daar genade sal wees vir so mens, wie weet…….
sterkte aan die stukkende families
egosentriese mans gaan my verstand te bowe, solank hy sy sin kan kry of iemand dood gaan of lewe.
RIV

MissDemeanor ·

Verduidelik vir my hoe is hierdie die regering se skuld? Kyk ek weet die regering kan beter doen…maar die is ‘n private dispuut tussen 2 bure wat op n skietery afgeloop het. Hoe kon die regering dit keer? As een mens n ander mens geld skuld, dan kan die dispuut opgelos word deur n prokereur te huur of n klag van diefstal by die polisie oop te maak. As dit nie gedoen is nie, dan kan mens regtig nie die regering blameer nie. Lyk my “die regering” is die nuwe “duiwel”…. ‘n sondebok vir mense wat nie wil erken dat hul self verantwoprdelik is vir hul eie tekort aan moraliteit nie.

p ·

Baie jammer vir die naasbestaandes, ek praat geen moord of weldadige gedrag goed nie maar, dit gebeur al meer en meer dat mense met geld dink dat hulle verhewe bo almal is en dat geld alles kan reg koop, hulle dink omdat hulle geld het die arm mense wat sukkel dit nie nodig het nie en trap op hulle, verstaan my mooi ek praat nie moord goed nie, maar gaan kyk eers na alby kante van die saak. Geld gaan jou nie in die Hemel kry, dit vergemaklik jou lewe maar kan ook jou lewe neem.

ñ kennis van altwee ·

As mens nie die feite ken nie moet mens nie oordeel nie. Soms word jy gedryf tot onbesonne dade. Ek glo niemand wou God speel nie maar was net totaal moedeloos en het toe geknak. Geld in hierdie geval was wel Paul Nel se god!!!!

Stormrider ·

Wat ‘n deurmekaarspul.
As mens finansieël ingeloop word verloor jy soms kop, veral as jou finansies swaar trek. Dis voorwaar ‘n tragedie.

Gaitsigubib ·

As die boek “Freakonomics” (wat op statestiek in die VSA gebaseer is) korrek is, steur kriminele hulle nie juis aan die doodstraf nie, maar word hulle wel afgeskrik deur effektiewe/langer tronkstraf. Die regering kan nie eers regverdig optree wanneer n onderwyseres valslik van rassisme beskuldig word nie, ek wonder hoe roekeloos hulle sal omgaan met die doodstraf?

Theresa B ·

Ek kan nie glo dat mense SO kwaad kan word vir mekaar nie. Dit is baie erg. Ek het nie woorde nie………………………..

Stormrider ·

Wag tot jy jou aftredegeld met iets sois Sharemax verloor het dan praat ons weer

Werner ·

Wel blameer eerder die regstelsel dit is deesdae onmoontlik om geld by n ou te kry wat jou verneuk jy moet mense in die oe kyk wat jy nie kan betaal nie omdat iemand anders jou nie betaal het nie dink voor julle te gou oordeel

Andre Stander ·

Terwyl almal nou so hulle monde uitspoel oor egosentriese mans – laat ons nie vergeet Mnr. Nel het oënskynlik ‘n bedrag geld aan Mnr. Badenhorst geskuld.
So in n mate het Mnr. Nel hierdie oor homself gebring.

As mens wil aantuigings maak kyk na die volle prentjie, en moenie mense alleenlik veroordeel op hulle reaksies nie.

toy ·

Zoeye asb los die ras kleur uit hierdie storie dit gebeur nie net onder wit mans, kyk bv die Siemens saak in Bloemfontein dan sal jy weet.

Andre ·

Hartseer. Sommige mense wil alles met geweld reg maak. In die derde wêreld gebeur dit gereeld, hulle sal selfs ‘n oorlog begin en baie onskuldige mense sterf en lei daar deur. Ai, die Ego, die Ek…. wat alles vernietig.. lewens, verhoudings, huwelike, loopbane….. In die beskaafde wêreld gebruik ons howe. Wat ‘n tragedie! Kom ons breek die geweld siklus en leer hier uit en stel die regte voorbeeld vir ons kinders om te volg eerder as hartseer weer later in hul lewens.

ZOEYE ·

jys 100% reg!
mense wat nog nie met geweld te doen gehad het en die trauma beleef het
van so persoon het geen idee wat hulle sê nie!
dit is tipies van aard dat so ‘n persoon ander misbruik, mishandel, etc

Tammy ·

Andre Stander, jy slaan die spyker op die kop en lewer n wysheid van kommentaar! Stem 100% saam met jou!!!

andre ·

nel is n omstrede figuur…vra hoekom…soms loop mense jou in met geld…want ons ou nasie is geld en aardse besittings behep…jy kry groot skelms…dalk het nel gekry wat hy verdien het…maar die onskuldiges stem ek nie mee saam

ñ kennis van altwee ·

As mens nie die feite ken nie moet mens nie oordeel nie. Soms word jy gedryf tot onbesonne dade. Ek glo niemand wou God speel nie maar was net totaal moedeloos en het toe geknak. Geld in hierdie geval was wel Paul Nel se god!!!!

PJC ·

Die polisie moes in die eerste plek hierdie skieter se dreigement ernstig opgeneem en hom van sy vuurwapens ontneem het. Enige persoon wat ander mense met geweld dreig moet onmiddellik van sy vuurwapens ontneem word. Nou hou die regering en die polisie hulle besig deur wetsgehoorsame burgers wat dekades lank goeie vuurwapeneienaars was se wapens te probeer wegvat en hulle sodoende weerloos te laat teen moordbendes.

MM ·

Coenie, RIP. Ek sal jou altyd mis, maatjie. Jy was vir ons lief en dierbaar.

Steph ·

Ai mense wat het van ons wereld geword, geld is ook nie alles in die lewe….. mens kan ongelukkig nie daar sonder…. dit is so hartseer dat mense geld verafgod en tot onnodige dade oorgaan en mense wat mekaar indoen…. dit is tyd dat mense begin besef en op hul Kniee gaan en ons Hemelse Vader Dank vir al jou Seeninge en Bid vir Ons Land en sy mense, my Gebede is by beide families??

Chris Ws ·

‘n Tragedie wat verhoed kon word.As jy iemand geld skuld, vereffen jou skuld onverwyld en voorkom ‘n onnodige tragedie.Hier is ongelukkig baie onder ons eie mense wat daarop uit is om hul eie volksgenote finansieel in te doen en hierdie is die gevolg.

Margaret ·

Wat bedoel Maroela met die laaste sin ” een se dienspistool is van die toneel verwyder”?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.