Drie dood in trompop botsing

Foto: Verskaf

Drie mense is Dinsdagaand dood en nog ʼn persoon ernstig beseer in ʼn trompop botsing op die N2 buite Ermelo in Mpumalanga.

Paramedici van ER24 en die Ermelo-brandweer het omstreeks 18:30 op die toneel aangekom, het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, gesê.

Twee voertuie het reg van voor gebots. “Twee mans is dood in een van die voertuie aangetref. ʼn Vrou se liggaam is in die ander motor gevind.”

Volgens Vermaak het ʼn insittende van een van die motors ernstige beserings opgedoen. “Hy is op die toneel gestabiliseer voor hy met ʼn ambulans na die Ermelo- provinsiale hospitaal gehaas is vir verdere mediese sorg.”

Vermaak het gesê die presiese omstandighede rakende die botsing is nog nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Dr Phil ·

Verbygaan op sperstrepe is nie meer ‘n misdaad nie – dis ‘n nasionale sportsoort…

PG ·

Stem saam met Jou Dr Phil en om te oordeel oor hoe die wrak lyk verseker ongelooflike hoë spoed daarby!!
Daar kon nie veel van die mense oorgebly het as die motor so lyk nie !!

GRIET ·

WELKOM… in Sa… waar die MEESTE mense padreels/ wette blatant verontagsaam…en geen respek of ontsag vir n medemens se lewe het nie!!!!

Chris Ws ·

“Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek”.Ek as leek en buitestaander WEET dat een voertuig in die aankomende verkeer se baan was.Anders sou ‘n kop teen kop botsing nie kon plaasvind nie.
Dis yseling wekkend om te sien hoe voertuie my verby steek op enkel sowel as dubbel en trippel sperstrepe op die pad.Maar AARTO gaan hulle mos in die bek ruk nie waar nie??Ha-ha!

Matt ·

“Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek” is al wat hulle ooit sê. Ek sal baie graag by die SAPD wil weet hoeveel ongelukke per jaar wel in die howe beland vir verhoor en hoeveel suksesvol verhoor word. Daar bestaan nie meer iets soos verkeersreëls nie en dubbele sperstrepe is ‘n uitdaging om die voertuig voor jou in die aangesig van aankomende verkeer verby te steek…… speel mos “chicken” en die aankomende voertuig moet maar net eenvoudig padgee!!!

Andre ·

Die padgedrag weerspieel dit wat in die land aan die gang is. Koerante se voorblaaie “Haatspraak” terwyl mense op die paaie en plase afgemaai word en geen melding daarvan nie.

Rentia ·

Ek het onlangs ver gereis. Die vermetelheid van padmisbruikers om vir my ligte te flikker maar hulle ry in aankomende verkeer se baan. Waarheen dink hulle moet ek gaan????? Daar word baie moord gepleeg op ons paaie. Roekelose bestuurders moet aangekla word van poging tot moord of van moord. O ja ek het vergeet dit sal net gebeur in ‘n land waar wetteloosheid aangespreek en nie aangehits word nie

humor ·

Die oorsaak van die ongeluk: Twee voetuie in teenoorgestelde rigtings in dieselfde baan. Die spoed was heelwaarskynlik so groot dat niks gedoen kon word om die ongeluk te vermy nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.