Drie dood in trompop-botsing

Argieffoto: Netcare 911

Argieffoto: Netcare 911

Drie mense is vroeg Sondagoggend dood in ʼn botsing reg van voor op die R76 naby Viljoenskroon in die Vrystaat.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die botsing het sowat 15 km van Viljoenskroon plaasgevind. “Met paramedici se aankoms op die toneel was daar wrakstukke oor die pad gestrooi.”

Volgens Botha is drie mense op slag dood in die botsing. ʼn Vierde persoon het matige beserings opgedoen. Die persoon is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere behandeling.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.