Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die motor het op sy dak in die veld langs die pad tot stilstand gekom. Die liggame van twee vroue en ʼn man is in die motor gevind. Hulle is op die toneel dood verklaar.
Volgens Meiring het nog twee mense in die veld langs die motor gelê. Hulle het matige beserings opgedoen en is op die toneel behandel voordat hulle na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is vir verdere mediese behandeling.
Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.