Drie dood in Vaal-botsing

Foto: ER24

Foto: ER24

Drie mense is Saterdagmiddag dood en twee beseer toe hulle voertuig verskeie kere gerol het op die Villierspad (R54) buite Vereeniging.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die motor het op sy dak in die veld langs die pad tot stilstand gekom. Die liggame van twee vroue en ʼn man is in die motor gevind. Hulle is op die toneel dood verklaar.

Volgens Meiring het nog twee mense in die veld langs die motor gelê. Hulle het matige beserings opgedoen en is op die toneel behandel voordat hulle na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is vir verdere mediese behandeling.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.