Drie dood in Ventersdorp-ongeluk

Die motor se wrak. Foto: Netcare 911

Die motor se wrak. Foto: Netcare 911

Drie mense, onder wie ʼn tienerseun, is Maandagoggend dood en twee beseer toe ʼn voertuig op die N14 naby Ventersdorp in Noordwes gerol het.

Die voertuig was blykbaar op pad van Krugersdorp na Mahikeng.

Toe paramedici van Netcare911 op die toneel aankom, het hulle die bestuurder van die voertuig in ʼn stabiele toestand aangetref. Die paramedici het hom op die toneel behandel voordat hul hom na die Ventersdorpse provinsiale hospitaal geneem het vir verdere mediese behandeling.

Die provinsiale nooddienste het die seun en ʼn vrou wat albei in ʼn kritieke toestand was ook na die Ventersdorpse provinsiale hospitaal geneem. Die seun het in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

ʼn Man en vrou is in die ongeluk uit die voertuig geslinger en op die toneel dood verklaar.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê dat daar vermoed word dat die bestuurder uitgeswaai het vir ʼn aankomende motor, maar dat die polisie nog die oorsaak van die ongeluk ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Tiger ·

Mens kan ‘n kar rol al ry jy teen 50km/h.Alles hang af van WAT hier presies gebeur het(wat niemand nog weet nie).
Ons medelye gaan uit aan die naasbestaandes van die oorledenes en ons wens die beseerdes alle sterkte toe.Hoop net hulle kan oorgeplaas word na ‘n ordentlike hospitaal toe in ‘n ander dorp.

Jessica Louw ·

Ek was ook n paar jaar terug in n ongeluk op daardie selfde pad. Snaakse goed gebeur op daardie pad.

Yvonne ·

Stem Jessica, ek, ons een werknemer en ‘n vriendin was binne 6 weke almal op daardie pad in ‘n ongeluk.

Karen van Zyl ·

Party mense op ons paaie dink glad nie aan die volgende persoon nie, hoe vinniger hulle kan ry hoe beter, Jessica, dit is nie snaakse goed wat op daai pad gebeur nie maar mens wat dink hulle is snaaks.

MoegvirPessimiste ·

Daardie pad is 24/7 een van die besigste paaie in die land. En daarby nog ‘n enkelpad, wat die stres op die padverbruiker nog groter maak. Daar is geweldig baie ongelukke op daai pad. Ja, daar is vele willigens wat bestuur, maar goeie bestuurders kom ook in ongelukke. Dis waarvoor ongeluk staan. Dis ‘n reaksie op ‘n aksie. Sleg of goed…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.