Drie dood, kind kritiek in gru-ongeluk

Foto: Verskaf.

Drie mense is Maandagoggend dood en ʼn kind kritiek beseer toe die motor waarin hulle gereis het in Johannesburg teen versperrings aan die kant van die pad gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het in die vroeë oggendure op die M1-noord naby die Corlettweg-afrit plaasgevind.

“Toe ons paramedici by die toneel opdaag, het hulle die wrak van die motor in die middel van die snelweg aangetref. Die insittendes is uit die motor geslinger en is ʼn ent weg van die voertuig aangetref,” het hy gesê.

Meiring het gesê ʼn man en vrou het veelvuldige beserings opgedoen en het geen tekens van lewe getoon nie. Hulle is op die toneel dood verklaar.

“ʼn Man, sowel as ʼn jong kind was in ʼn kritieke toestand. Die beseerdes is behandel en na nabygeleë hospitale gehaas vir mediese behandeling,” het Meiring gesê.

Die kritiek beseerde man het volgens Meiring op pad na die hospitaal aan sy beserings beswyk en is dood verklaar.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

André ·

Ek lees baie van mense wat uit ‘n motor gesli nger word tydens ‘n ongeluk. Kan dit nogsteeds gebeur as mense sitplekgordels dra?

Nee ·

Nee André, dit sal nie maklik gebeur om uit te val of eerder uitgeslinger te word. Dis vebasend om te sien hoe mense deur die lug trek, amper om soos ‘n klip deur ‘n slingervel gelanseer te word. Te oordeel aan die foto sou kanse vir oorlewing baie beter gewees het met gordels. Veiligheidsgordels kreukel nou wel jou klere maar dis beter as om jou klere met bloed te besmeer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.