Drie dood ná beweerde liefdestwis

misdaadtoneel

Argieffoto

ʼn Man het Saterdagaand na bewering sy vervreemde vrou en haar broer in hul huis buite Polokwane in Limpopo doodgeskiet, voordat hy homself om die lewe gebring het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê Benjamin Dorfling (42) het omstreeks 22:30 na ʼn huis in die Doornkraal-feesterrein gegaan waar Leonora le Roux (36) en haar broer, Martinus (30), gewoon het. Volgens Ngoepe was Dorfling en Leonora voorheen in ʼn romantiese verhouding betrokke, maar Maroela Media verneem hulle was getroud.

“Daar word beweer ʼn rusie het ontstaan. Benjamin het daarna ʼn vuurwapen uitgeruk en Leonora en Martinus doodgeskiet,” het Ngoepe gesê. “Benjamin se liggaam is later in dieselfde huis gevind met ʼn koeëlwond en die vuurwapen wat langs hom gelê het.”

Hy het gesê die motief vir die skietvoorval is nog nie bekend nie. ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen en twee sake van moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johan. H. ·

Mense ons word heeldag uitgemoor ,dan doen ons dit nog aan onsself,,,

Katryn ·

Ek stem!! Ons lewens is kosbaar en daar is baie baie visse in die see! Loop weg van verhoudings wat nie uitwerk nie. G’n pot is te skeef om ‘n deksel te kry nie!!!

Wewenaar ·

Katryn(tjie), jy is só reg. Dis die kool die sous nie werd. Na meer as 50 jaar het ek ook my troumeisie verloor. Nou egter kyk ek die kat uit die boom want ek wil nie opgeskeep sit met onnodige bagasie. Sou julle nie klaarkom dan dryf julle net weg van mekaar en dit is dit. Maar nou-ja, die liefde is blind . . . en ook so die jaloesie . . .

Annie ·

As dinge nie werk nie beweeg aan. Hoekom iemand die lewe ontneem .. siek!!

Dawid ·

Dit was nie sy eks meisie nie,hulle was getroud,maar vervreemd en Leanora het gedreig om Ben te skei. Haar 2 jong kinders was ook tydens die voorval daar,maar dank die Here hy het hulle nie leed aangedoen nie.

Mariné Lourens ·

Dagsê Dawid

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die fout. Die inligting in die berig is soos ons dit van die betrokke polisiewoordvoerder af ontvang het. Die berig is nou gewysig om aan te dui Leonora en Benjamin was getroud.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Jane ·

Ek kon nog nooit verstaan hoe jy jou geliefde of jou ex doodskiet nie. Daar is soveel ander opsies, skei, stap weg, kry behandeling, kry ‘n ander vrou, gaan aan met jou lewe. Nou neem jy twee ander mense se lewens en jou eie, WIE WAS NOU DIE WENNER? My innige simpatie aan die oorledenes se familie en vriende!

Kowa ·

Jane wonder ek mos ook, hoe skiet jy enige mens wat nie jou lewe bedreig nie? Kyk hom/haar in die oë en skiet…….! Nee regtig party mense is net siek.

Iemand ·

Die mense is familie van my, Nora was getroud met Ben dis nie sy ex meisie gewees nie… En net die een kind was teenwoordig met die skietgeval die ander was by n maatjie, Die kinders is nou by hulle regte pa, Hulle is baie getrumatiseerd en het baie ondersteuning nodig, Die kind wat dit gesien gebeur het sukkel baie om alles te verwerk.

Mariné Lourens ·

Dagsê Iemand

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die fout. Die inligting in die berig is soos ons dit van die betrokke polisiewoordvoerder af ontvang het. Die berig is nou gewysig om aan te dui Leonora en Benjamin was getroud.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

ek wonder ·

Het Leonora nie n tyd terug in Potgietersrus /Mokopane gebly nie ? Kan Maroela miskien later n fotoe van haar op sit ? sy het baie vriende hier .

Oom Johan Willemse ·

Lora het die houthut vir haar en die twee kinders gedurende Februarie gehuur. Haar broer, Seun, soos ons hom leer ken het, het gehelp met die restourasie aangesien sy gou wou intrek. Sarerdag het sy my meegedeel die dokumente vir haar egskeiding is bedien en het sy heel ontspanne voorgekom. Die kinders het by vriende oornag en van die huurders aldaar het saamgekuier tot laatnag. Haar vervreemde man het ongesiens die huis binnegegaan en geskuil. Hulle is geskiet toe hulle gaan slaap het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.