Drie dood ná motor in ongelukstoneel inploeg

Foto: ER24

Foto: ER24

Drie mense is dood en drie beseer in ʼn ongeluk op die N2 naby Grabouw in die Wes-Kaap.

Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het gesê twee motors het vroegoggend gebots waarna ʼn derde motor in die ongelukstoneel ingeploeg het.

“Met paramedici se aankoms op die toneel het ons wrakstukke oor die pad aangetref. Drie mense het reeds aan hul beserings beswyk en daar was niks wat paramedici vir hulle kon doen nie.”

Volgens Rossouw het drie mense ligte tot matige beserings opgedoen. “ER24 het een van die pasiënte na die Helderberg-hospitaal vervoer vir verdere behandeling. Die ander pasiënte is deur ander nooddienste na dieselfde hospitaal geneem.”

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

KarooKlong ·

Pieter Rossouw, jy mag maar die ander diensverskaffers se name noem. Hulle lewer net so goeie diens soos ER24.

Se maar net ·

Pieter Rossouw is die woordvoerder van ER24. Hoekom op dees aarde moet hy ander diensverskaffers se name noem ? Ek sal graag ‘n Pick N Pay advertensie wil sien wat se dat Shoprite en Spar ook goeie pryse het ? Ongeag van die rigting van die besigheid, bly dit ‘n privaat maatskappy met targets wat gehaal moet word. Hulle gaan def nie ander maatskappye ook adverteer nie !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.