Drie dood ná motors, vragmotor bots

Foto: Verskaf deur ER24.

Drie mense is dood ná twee motors en ʼn vragmotor Maandagmiddag op die N1 gebots het.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het net voor 16:55 naby die Goudini-brug 10 km buite Worcester plaasgevind.

“Ons paramedici het twee vroue in ʼn motor langs die pad aangetref,” het van Huyssteen gesê.

Die vroue is volgens van Huyssteen met behulp van meganiese toerusting bevry. “Daar was ongelukkig niks wat paramedici vir hulle kon doen nie en hulle is op die toneel dood verklaar,” het Van Huyssteen gesê.

Volgens van Huyssteen is ʼn man ook op die toneel aangetref wat uit ʼn ander motor geslinger is. “Hy is ook op die toneel dood verklaar.”

Dit blyk volgens haar dat die twee motors met mekaar gebots het voor die een motor met die vragmotor gebots het.

Die bestuurder van die vragmotor is net gering beseer.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.