Drie dood na skietgeveg in winkelsentrum

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

Drie mense is doodgeskiet nadat ʼn groep gewapende rowers vandag op ʼn winkelsentrum in Umlazi, KwaZulu-Natal toegeslaan het.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die groep het omstreeks 13:40 by een van die winkels in die sentrum ingestorm en die personeel en kliënte met vuurwapens aangehou. Die rowers het die winkel van ʼn onbekende bedrag kontant, asook al die kliënte se selfone, beroof.

“Gedurende die rooftog het veiligheidswagte, wat aan diens was, die rowers genader en ʼn skietgeveg het ontstaan. Twee veiligheidswagte, onderskeidelik 31 en 34 jaar oud en een van die rowers is doodgeskiet,” het Zwane gesê. “Twee vrouens, waarvan een swanger is, het skietwonde opgedoen en moes na ʼn hospitaal gehaas word.” Die verdagtes het te voet gevlug.

ʼn Aanklag van sakeroof, drie aanklagte van moord en twee van poging tot moord word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.