Drie dood ná skietgeveg met polisie

Foto: SAPD

Drie vermeende transitorowers is dood en nog ʼn man ernstig beseer nadat hulle Maandagmiddag in ʼn skietgeveg met polisiebeamptes in Hillcrest, KwaZulu-Natal, betrokke was.

Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, het gesê veiligheidswagte het kontant by ʼn vulstasie in die gebied opgelaai toe ʼn groep rowers op hulle toegeslaan het. Daar is vuurwapens op hulle gerig en die rowers het met ʼn onbevestigde bedrag kontant op die vlug geslaan.

“Die polisie is ontbied en die vier verdagtes is op die M13-snelweg opgemerk. Polisieversterking is ontbied en die boosdoeners is voorgekeer,” het Mbhele gesê. “Die verdagtes het op die polisie losgebrand en die polisie het teruggeskiet. Drie van die verdagtes is doodgeskiet, terwyl ʼn vierde ernstig gewond is.”

Mbhele het gesê geen van die polisiebeamptes is tydens die skietery gewond nie.

Foto: SAPD

“Die polisie het op vier 9 mm-pistole en bokse kontant in die verdagtes se wegkommotor beslag gelê,” het Mbhele gesê. Sy het gesê die vuurwapens sal vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of hulle met enige misdade verbind kan word.

Die gewonde verdagte is onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem. Hy sal van gewapende roof, poging tot moord en die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie aangekla word.

Genl.maj. Bheki Langa, die provinsiale waarnemende polisiekommissaris, het die vinnige reaksie van die polisiebeamptes geloof. “Ek is bly ons polisiebeamptes het ongedeerd van die skietgeveg afgekom en in die proses op onwettige vuurwapens beslag gelê. Hierdie genadelose misdadigers het geen respek vir ons wette of die mense van hierdie provinsie nie. Hulle word deur gierigheid gedryf en gee glad nie om hoeveel lewens hulle in die proses ruïneer nie,” het Langa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Ashlee ·

Dan voer iemand aan op n ander berig, Suid-Afrika nog steeds die beste land is om te woon, en dat die gras nie groener is aan die ander kant. Nou vra ek, wat rook hulle?

Delia ·

Ashlee, sal maar kyk of my kommentaar geplaas word, want deesdae word dit summier verwyder…
Lees Amren asook Free West News en kyk hoe dit in die res van die wereld gaan. Jy sal verbaas wees.

Chrisn ·

Great!!! 75% slaag syfer. Drie bokveld toe en een haal nog asem.

Leon ·

Knap gedaan SAPS in KZN. Dit lyk omtrent na die enigste provinsie van “zero tolerance” wat werk. In die ander provinsies kom die gemors weg, en die SAPS ondersoek die saak, net om niks weer verder te hoor nie…………. laat mens wonder!!

Nico ·

Baie dankie aan die SAP lede goeie werk maar het een probleem genl-Maj langa gee n bietjie vir die lede wat hulle werk doen ordenlike salarisse en ons gaan baie goeie results kry werk dit uit soos julle sin vanaf die anc oorgevat het

Willem ·

Genadiglik is nie een polisieman op die lys van gesneuweldes nie! Die arme SAPD het ‘n skrikwekkende taak in hierdie wettelose land.

SPEEDGUARD ·

As jy die arsenaal wapens sien wat hul by hul hehad het is dit werkilik ‘n wonderwerk, hul noem niks van die Ak’s en die hoeveelheid rondtes nie, knap gedaan SAPS !!

Susan ·

Knap gedaan as sulke voorvalle só hanteer word sien ek lig in die tonnel.

Niccy ·

Mooi so SAPD. Ek haal my hoed af vir julle manne wat tenspyte van al die korrupsie ensv in ons land, nog steeds die gevaarlike werk so getrou doen.

Piet Pompies ·

Van die misdadegers dink hulle kan eerste wêreld en derde wêreld kombineer soos dit hulle pas. Gewoonlik gaan sien hulle eers die sangoma wat moetie gee om hulle onsigbaar te maak vir ander mense en dan ook moetie vir die Citi Golf petrol tenk sodat hy so vinnag soos ‘n Gti is. Dit is is dan met hierdie raad van die sangoma wat ‘n rooftog uitgevoer word.
So terloops, in my lewensjare het ek nog nooit ‘n Citi Golf sien ry sonder ‘n bestuurder teen die spoed van ‘n Gti.. ook maar lekker dom….

Hannes ·

Gaan die SAPD lede ook van moord aangekla word soos ander wat uit selfverdediging iemand doodmaak?

Anoniem ·

Ek is baie trots op hierdie SAPD lede, en ook baie dankbaar dat hulle nie seergekry het in die proses nie.

Louw ·

Hier by ons in die dorp het die rowers ook so opgetree. Net jammer die polisie het 2 maande later eers ‘n verklaring kom kry. Hulle voertuie was nie beskikbaar nie. Almal weet wie die diewe is, maar ons mag niks sê nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.