Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het op die R529 naby Giyani plaasgevind. Volgens Rossouw het die bestuurder van die motor vermoedelik beheer verloor waarna die motor omgeslaan en glo sowat 500 m ver gerol het.
Drie mense is op die toneel dood verklaar terwyl vyf mense geringe tot kritieke beserings opgedoen het. Die pasiënte is op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling.
Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
N half kilometer gerol?
Verstaan ek reg daar was 8 mense in die motor?
Seker maar n taxi tipe affere soos n Toyota Avanza. Daar kan 8 mense met gemak inpas.
Dit lyk soos n Fortuner. Hulle het seker gejaag en toe beheer verloor
Nico, glo jy werklik dat daardie kar (waarvan net die dak gebuig is op die foto) ‘n half kilometer gerol het? Ek sien Lizette frons ook daaroor. Glo maar vir ons, 500m ìs ‘n half kilo!
Dit is selfs moeilik om 50 meter ver te rol. Dalk het hy een of twee keer omgerol en toe op sy wiele verder aangerol. Dit was koud vanoggend toe druk Nico ‘n ekstra 0.
KarooKlong, ek lag toe ek lees wat jy sê oor 50m wat ver is. Toe dink ek so by myself dat sê nou een rol is 5m dan het daai kar 100 keer gerol! Daar’s nog mense wat dit oorleef het, let wel! Rol..rol..rol… 100 keer!
Naand Dave,
Ons het seker almal as kinders rondomtalie gespeel.
Nou dink ek as daai ou 100 keer gerol het gaan hulle hom toesluit vir dronk op straat.
Goeie naand KarooKlong
Ten minste bring Nico sy kant om vir ‘n glimlag te sorg.. :-) En jy’s reg, so ‘n ou sal heel slingerind uitklim!
Hulle jaag en dan wil hulle na die tyd lang trane huil. 500m Gerol?? Beteken die spoed was
weer so hoog dat nie eens die eerste rol dit kon stuit nie. Maar wat is nuut? Hulle jaag
soos “fools” en ons moet net pad maak.