Drie dood, ses beseer in Boksburg-ongeluk

Die toneel van die Bokburg-ongeluk (Foto: Netcare Limited)

Drie mans is dood en sowat ses ander beseer nadat ʼn taxi Maandagaand op die R21 in Boksburg onder die agterkant van ’n vragmotor beland het.

Nick Dollman, Netcare Limited-woordvoerder, sê die drie mans wat op die voorste sitplekke van die taxi gesit het, is op die toneel dood verklaar.

Brandweermanne van die Ekurhuleni-nooddienste moes gespesialiseerde reddingstoerusting gebruik om die minibustaxi te sny en die slagoffers uit die wrak te bevry.

Nege ander mense is ook op die toneel behandel. Drie van dié beseerdes se beserings is gering, maar ses ander is in ʼn kritieke toestand na die hospitaal geneem.

Dollman sê een van die beseerdes, ʼn 27-jarige man, moes aan ʼn ventilator gekoppel en per helikopter na die hospitaal geneem word.

Die man veg steeds vir sy lewe in die hospitaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ai ·

Ons padongelukke fonds is seker al lankal bankrot tussen al die ongelukke en korrupsie.

Ek dink taxis het al meer lewens geeis as dronk bestuurders.

Berni ·

Boksburg is in die Oos Rand van Gauteng reg langs Benoni en Kempton Park

Justice ·

In `n wettige taxi wat aan pad verkeersregulasies onderworpe is mag daar slegs 2 passasiers waarvan die drywer een is voor sit. Daar is slegs 2 sitplekke standaard wat deur die vervaardiger met die voertuig verskaf word en dienooreekomstig deur NRCS / SABS gehomologeer is .

Johann ·

Nog en weer en steeds n TAXI. Wat op GEEN manier bydra dmv tolgelde of belasting tot die instandhoudung van die paaie wat hulle minamooooo toe misbruik. Maar nou gaan die ANC in sy desperaatheid vir spreek geleenthede seker weer die siekes besoek en die dooies betreur en blankes die skuld gee vir AL die ongelukke op paaie. Dis KOLON iaisme se skuld dat taxis nie mag bestuur soos die AFRIKA MOBIELE METODE voorskryf nie…dis actually rassisme van blankes wat lisensies en toetse en padwaardigheid deur KOLON iaisme op die swart kultuur afdwing.

Betsie K ·

Dit is nie net Taxi’s wat geduring is ongelukke betrokke is nie – kyk bietjie hoeveel vragmotors is in ongelukke betrokke en veroorsaak dikwels noodlottige ongelukke.

Danie Rossouw ·

Volgens foto lyk dit of Taxi weer in geel lyn af gejaag het & heel moontelik teen stilstaande vragmotor gebots het. Hierdie keer het hy egter sy Moses tee-gekom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.