Drie dood, ses beseer in gru-botsing

Argieffoto

Argieffoto

Drie mense is dood en ses beseer toe twee voertuie Saterdagaand reg van voor op die N14 buite Kathu in die Noord-Kaap gebots het.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê dit is nie duidelik hoe die ongeluk gebeur het nie. Volgens Bodasing is die bestuurder van een van die motors en twee passasiers in die ander motor op slag dood.

“Twee ander insittendes het kritieke beserings opgedoen, terwyl nog vier matige beserings opgedoen het,” het sy gesê. Die beseerde pasiënte is na ʼn hospitaal in Kuruman gehaas.

Die botsing sal deur die polisie ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

hannie ·

Spoed….spoed……spoed…..wàarom kan ons nie by die spoedgrens hou nie….

Maria ·

Kom asb oor spoed as oorsaak van ongelukke. Onbevoegdheid, ongeduld, drank , onpadwaardige voertuie en ‘stupidity’ is die hoofoorsake van ongelukke op ons paaie.

J.B. ·

Dis nie altyd spoed wat die probleem is nie.party mense kan net glad nie ry nie

Chris Ws ·

J.B. jy is heeltemal reg.Ek is heeltemal teen mense wat spoedgrense oorskry al is dit nie baie nie.Spoedgrense is daar vir ‘n rede en MOET gehoorsaam word.Maar ek het telkemale bestuurders op paaie teegekom wat glad nie agter ‘n kar se stuur hoort nie!!En jammer om dit te noem maar ek praat van ALLE rasse.In hierdie ongeluk is dit weer ‘n klasieke geval van een voertuig wat in ‘n ander se baan in BESTUUR is deur ‘n totaal onbevoegde bestuurder.So persoon se bestuurs lisensie moet permanent opgeskort word.Hy kan met ‘n taxi ry waar hy wil wees.

Nnes ·

Ek stem. Gister ry ons op die N4. Ons ry verby ‘n VW polo, bagasie tot bo teen die dak op die agterste sitplek gelaai. Mamma met baba op skoot, voor langs pappa. Baba hang vooroor op dash. Nie lank nie, steek hy ons verby, op ‘n stadium gaan ons hom weer verby, klein rukkie daarna toe steek die voertuig ons weer verby, regs in die geellyn, ‘n ent verder maak hy ‘n u-draai. Ons het heeltyd een spoed gery, maar hy het tussen 120 en 160 gewissel. Hy het almal anders se lewe in gevaar gestel!

Alien ·

Waar kan ons videos van die mense se roekelose bestuur oplaai? Name and shame? Ek het so pas ‘n ongeluk gesien wat veroorsaak is omdat iemand nie sy ry kan kry nie, net so bleddie gevaarlik!!

Tiger ·

Ek ken daai een maar te goed Alien!Maar nou die dag soek ek en my man ‘n straat adres en ry stadig om die nommers te lees.Daar was meer huise sonder nommers as met nommer!En toe blaas ‘n vent agter ons vir ons toeter en wys ons moet ry.Bid jou dit aan.Waar kom hy vandaan?Ons soek ‘n adres nou mag ons nie stadig ry nie??My man het hom sy hand gewys en gese kies vir jou ‘n vinger!

Anti-Haas ·

Dis nie Spoed wat mense doodmaak nie…. Dis die vinnige stop……

Chris Ws ·

SPOED bepaal die ernstigheids graad van beserings in ENIGE ongeluk.M.a.w. hoe vinniger jy beweeg hoe erger gaan jou beserings wees in ‘n botsing of selfs net al rol jy jou voertuig sonder ander voertuie naby jou.Mens kan redeneer nes jy wil ,die feite spreek vanself.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.