Drie dood, talle beseer in botsing

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

Drie mense is Sondagaand dood en minstens sewe beseer in ʼn trompop botsing op die R103 in Tweedie in KwaZulu-Natal.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê verskeie ambulansdienste is omstreeks 20:00 na die toneel ontbied nadat ʼn motor en ʼn minibustaxi reg van voor gebots het.

“Die wrakke van die twee voertuie het in die middel van die pad gestaan en verskeie van die insittendes het op die sypaadjie langs die ongelukstoneel gesit,” het Meiring gesê.

“Twee mans en ʼn vrou was in die motor vasgekeer. By nadere ondersoek het paramedici gevind dat al drie reeds aan hul veelvuldige beserings beswyk het. Hulle is op die toneel dood verklaar.”

Volgens Meiring het sewe van die insittendes in die taxi matige beserings opgedoen. ʼn Dokter wat die botsing sien gebeur het, het hulle behandel. Hulle is later in verskillende ambulanse na ʼn hospitaal vervoer.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911 wat ook op die toneel was, het aan Maroela Media gesê agt beseerdes moes na verskillende hospitale geneem word.

Die botsing word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Delia ·

Alweer KwaZuluNatal……het die mense daar geldige bestuurslisensies?
Nietemin, simpatie aan die naasbestaandes…..

a ·

DELIA >> Jy moet sien hoe betuur die mense hier in Durban. En as dit reen kan amper NIEMAND bestuur nie. Gaan kyk op arrive alive se webtuiste.. Daar is elke dag minstens 3 groot ongelukke wat op die web gelaai word.

Jakes ·

Die dokter dit dit aanskou het kan mos die polisie sê wat het gebeur?

se net ·

Dis moeilik vir ons Natalers waneer sekere voertuie bo die wetgewing is. Ook onthou tog, gedurende vakansie tye is die GP registrasies wat onderstebo langs die hoofweg te sien is. Dan is dit die ou wat pas verby jou gejaag het.

Jakes ·

sê net, en ek wonder altyd parkeer en ry hul in hul eie dorpe soos hul doen wanneer in ons kusdorpe kom kuier?

Praatsaam ·

Weet nie wat daar gebeur het nie maar ALWEER ‘n minibus taxi betrokke…laat onwillekeurig ‘n paar vrae opkom… hoeveel wettige bestuurder lisensies is op die pad of geld daar 2 stelle reēls? En hoeveel voertuie is onpadwaardig op ons paaie? My innige simpatie met die beseerdes en naasbestaandes.

Pierre Celliers ·

Moenie skroom om te se die taxi was aan die verkeerde kant van die pad nie. in so’n scenario is dit mos normaalweg die geval.

Helene ·

Uhmm… hier in KZN is daar wel baie roekelose bestuurders. Dis die ouens wat dink hulle hoef nie padreëls na te kom wanneer hulle op vakansie is nie..Dis mos “klein dorpies” en “rustig” en …. watter idees die Gautengers ook al het. Vakansiegangers. Van ander provinsies af. Wat dink hulle weet alles en dat dit maar in die haak is om te ry soos wat hulle by die huis ry. O ja, amper vergeet ek. Dis mos nie JULLE wat hier kommentaar lewer terwyl julle eintlik moet werk nie. Groete vanuit KZN.

sue-ann ·

Bitter min van ons vruende en mense wat ek ken (ons is van Gauteng) hou vakansie/lê besoek af in Kwa zulu Natal. Dis nou rerig nie ons idee van vakansie nie….Sê maar net

Jakes ·

Dankie Helene dat jy beleef soos beskryf in my kommentaar! GP plaat by Marranhill tol hek is waar pappa sê betaal en los alle maniere en norme tot ons terug kom…ons gaan see toe! Me Sparrow onregverdig viktimseerd gewees- ander rasse gereeld erger.

Nadine ·

ons was die naweek in Kwazulu natal. ons het net saterdag 5 ongelukke gesien. die een motor is vanaf die een kant van die higway reroll na die aankomende verkeer, in n sloot in en die man het op ‘n heuweltjie uit sy motor geval, geen ander voertuie betrokke nie. Asook op die vrede pad het ‘n man gerol met sy motor ook geen ander motor betrokke nie. die 2 ongelukke was net spoed!

Cheryl ·

Vinnig om klippe te gooi na ons Gautengers wat in jul kusdorpe die ongelukke veroorsaak…. Kom by asb!!!! Ek Lees elke dag maroela media en amper elke dag van die jaar gebeur da ongelukke in Kzn……so dit beteken sekerlik nie ons Gautengers hou die hele jaar vakansie by julle nie…. Dog Ek se maar net. DANKIE

Jakes ·

Cherel, dankie vir jul wat os aan die lewe hou met jul mildelike spandering. Al wat ons locals vra is tree op soos in jul eie dorpe. As ek NW GP EC en kaap toe gaan verguis jul die slagter nie, nee by ons skuif die prys r/kg 22, ons subsideer jul eintlik..geniet die see.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.