Minstens drie mense is Maandagoggend dood in ʼn ongeluk aan die KwaZulu-Natalse Noordkus.
Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê die ongeluk tussen ʼn ligte afleweringsvoertuig en ʼn vragmotor het omstreeks 07:50 tussen Zinkwazi en die Tugelarivierbrug plaasgevind.
Drie mense is op die toneel dood verklaar, ses mense is ernstig beseer en 19 ander het matige beserings opgedoen.
Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, sê die N2-Suid na Stanger is geruime tyd gesluit sodat helikopters twee van die ernstig beseerde pasiënte na hospitale kon vlieg.
Die pad was ʼn ruk gelede steeds gesluit, wat groot verkeersopeenhoping veroorsaak.
Die ander pasiënte is aanvanklik op die toneel behandel en daarna na verskeie hospitale geneem.
Die oorsaak van die ongeluk is nie in hierdie stadium duidelik nie.
- (Foto’s: IPSS Medical Rescue)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
Te veel ongelukke in KZN
Maw daar was 28 muntoes in totaal in die 1 ton voertuig. Teen gemiddeld 50 kg een, plus die gewig van die ” roofrak “, was die voertuig 500kg oorlaai.
Baie ongelukke deesdae in Natal.
Waar kom die 28 mense in die ongeluk. Kyk na oorlading en roekelose bestuur