Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê twee voertuie was in die botsing betrokke. Een van die voertuie is in twee geskeur weens die impak van die botsing. Volgens Botha is twee volwassenes en ʼn kind op slag dood.
Twee mense is kritiek beseer in die botsing terwyl sewe mense ernstige beserings opgedoen het. Twee mense het wonderbaarlik geen beserings in die botsing opgedoen nie. Die beseerdes is op die toneel behandel waarna een van die kritiek beseerde vroue per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is vir dringende mediese behandeling.
Volgens Botha is die ander beseerdes met ambulanse na nabygeleë hospitale vervoer vir verdere behandeling. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Ek sien ‘n soliede sperstreep. Wat het hier gebeur? Het iemand nie genoeg GEDULD gehad? So hartseer en tien teen een so onnodig.