Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê twee voertuie was in die botsing betrokke. Een van die voertuie is in twee geskeur weens die impak van die botsing. Volgens Botha is twee volwassenes en ʼn kind op slag dood.
Twee mense is kritiek beseer in die botsing terwyl sewe mense ernstige beserings opgedoen het. Twee mense het wonderbaarlik geen beserings in die botsing opgedoen nie. Die beseerdes is op die toneel behandel waarna een van die kritiek beseerde vroue per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is vir dringende mediese behandeling.
Volgens Botha is die ander beseerdes met ambulanse na nabygeleë hospitale vervoer vir verdere behandeling. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
Ek sien ‘n soliede sperstreep. Wat het hier gebeur? Het iemand nie genoeg GEDULD gehad? So hartseer en tien teen een so onnodig.
Hierdie ongeluk was regtig skokkend ek was ook ñ motoris op die N3. Daar sal dringend ñ plan gemaak moet word om motoriste wat kilometers ver opgedam word in sò ñ geval meer in te lig oor ñ situasie sodat ongeduld dan uitgeskakel kan word. Ñ Berekening wat ek vinnig gemaak het toon dat ongeveer 8000 mense dan so ry staan ry staan moet beweeg sonder inligting oor wat aangaan want daar is geen nuus oor radiostasies nie. My man het ñ sms gestuur na RSG om dit aan te meld waarna dit toe uitgesaai was. Ons bly ook toevallig teen die N3 en ons was 2 ure vertraag deur die ongeluk
Dankie