Drie dood, tien beseer in Noordwes-ongeluk

Die voertuig is glo kort tevore gekaap. (Argieffoto: Hansie Linde)

Drie mense is Saterdag in ’n gru-ongeluk buite Potchefstroom in Noordwes dood terwyl tien ander beseer is.

Luidens ʼn verklaring deur die plaaslike polisie het ʼn Quantum-minibustaxi kop aan kop met ʼn Kia-sedan gebots.

Die ongeluk het sowat 20 km buite Potchefstroom op pad na Ventersdorp gebeur.

Drie mense is op die toneel dood verklaar en een persoon is in ʼn kritieke toestand per helikopter na ʼn hospitaal vervoer. Nog nege mense is met ambulanse vervoer.

“Ons is hartseer oor die lewensverlies op ons paaie terwyl soveel gedoen word om sigbaarheid op paaie te verbeter. Daar word ook voortdurend met motoriste oor die nakoming van padreëls geskakel,” het Sello Lehari, LUR vir gemeenskapsveiligheid en vervoer in die Noordwes, gesê.

Die polisie ondersoek tans ʼn saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nie Verbaas ·

Almal is altyd baie hartseer en geskok maar niemand doen iets aan roekelose bestuurders en taxis nie. Net die gewone ou ANC gestotter.

lodewyk ·

Elkke keer met n kop aan kop botsing is n Taxi betrokke,ons weet hoekom,hulle dink mos die reels geld nie vir hulle nie??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.