Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het al ses insittendes met paramedici se aankoms op die toneel buite die bakkie gelê. “Hulle is vermoedelik uit die bakkie geslinger toe dit gerol het.”
Twee bane van die hoofweg is vir verkeer gesluit terwyl paramedici die beseerdes begin behandel het. “Drie mense het kritieke beserings opgedoen terwyl drie ander slegs geringe beserings opgedoen het.”
Die beseerdes is na die Hilton Life- en Mediclinic Pietermaritzburg-hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg.
Volgens Meiring het die drie kritiek beseerde pasiënte egter in die hospitaal aan hul beserings beswyk. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Die dra van’n veiligheidsgordel ís verpligtend, versuim om dit te doen kan lei tot ernstige beserings of dood.
Netso Piet. Dan is die inagneming van padtoestande en jou eie bestuursvernuf agter die stuurwiel van uiterste belang wat o.a. natuurlik spoed insluit. Die dubbelkajuite se massamiddelpunt is ook redelik hoër van die padoppervlakte teenoor gewone voertuie.
Die wagwoord GEDULD met ander padgebruikers is ook van belang al kruip die voertuig voor jou teen 80km/h moet jy nie HAASTIG raak want dit kan jou jou lewe kos om 30 sekondes te wil wen. Moet ook nie sterttrap ry wat baie keer die geval is met hierdie “highriders”. Nou het ek kommentaar uitgelok !!!
Besoedelde blykbaar kan jy nie so n bakkie ry nie want ek het een en pas al die pad reels toe en ek het nie n plaas of gaan gereeld bos toe nie,moenie almal onder dieselfde kam skeer nie.
Hi mense ons praat hier van 3 lewens wat gevat is, familie lede wat seer het, nou staan jul almal en sty oor voertuie. Sterkte vir die oorledenes se familie.
Die mooi woord as “Carbon footprint”, ons het almal beheer daaroor. ‘n Goeie “footprint” beteken jy lewer ‘n goeie bydrae tot ons omgewing en ons kinders se toekoms, skakel onnodige ligte af, herwin jou vullis, ry ‘n ekonomiese voertuig, plant inheems…….maak die verskil