Drie dood toe motor eers voetganger en toe taxi tref

Argieffoto: ER24

Drie mense is dood en drie ander beseer ná ʼn ongeluk op East Driefonteinweg in Carletonville.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het Saterdagoggend plaasgevind toe ʼn voertuig glo eers ʼn voetganger raakgery het en daarna teen ʼn taxi gebots het.

Die voetganger is dood.

“Toe paramedici omstreeks 10:00 by die toneel opdaag, het hulle twee beseerdes op die agtersitplek van die voertuig gesien. Hulle het geen tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar,” het Van Huyssteen gesê.

Sy het verder gesê die bestuurder van die motor was nog vasgekeer in die wrak en meganiese toerusting moes gebruik word om hom te bevry. Hy is volgens Van Huyssteen matig beseer.

Een ander persoon is ernstig beseer en nog ʼn ander matig. Die beseerde is via ER24 en ander nooddienste na die hospitaal vervoer vir verdere mediese behandeling.

Die omstandighede rondom die voorval is nog nie bekend nie. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.