Drie dood toe motor rol

Drie mense is dood toe die motor waarin hulle was ‘n boom getref en verskeie kere gerol het. Foto: ER24

Drie mense is Sondag dood nadat die motor waarin hulle was ʼn boom getref en verskeie kere gerol het.

Die ongeluk het op die R529 noord van Letsitele in Limpopo plaasgevind, het Ross Campbell, woordvoerder van ER24, gesê.

Volgens Campbell het paramedici van ER24 kort ná 17:00 op die toneel aangekom. Twee mans en ʼn vrou is dood en nog ʼn vrou en drie seuntjies, tussen vier en agt jaar oud, is kritiek beseer.

Die vrou en een van die seuns het noodbehandeling op die toneel ontvang voordat hulle saam met die ander beseerdes na die Letaba- provinsiale hospitaal in Tzaneen vervoer is vir dringende mediese behandeling. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

In nog ʼn ongeluk Sondag in Letsitele op die R529 is drie mense beseer nadat ʼn bakkie omgeslaan en gerol het.

Volgens Campbell is ʼn man in sy 30’s kritiek beseer terwyl nog twee mans matige tot ernstige beserings opgedoen het. Hulle is ook na die Letaba- provinsiale hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk word ook ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Pieter ·

4 volwassenes en 3 kinders in ‘n klein motortjie…..roekeloos verby.

Asjas ·

Ek het Vrydag agter ‘n Opel Corsa gery. Ek het probeer tel hoeveel mense was agter in die kar behalwe die bestuurder en sy passasier voor, maar elke keer as ek by 7 kom dan woel daai klein kindertjies weer so vreeslik ek moes van voor af begin. Het maar naderhand opgegee en verby gegaan, die karretjie het nie padwaardig gelyk nie en ek wou nie betrokke wees by kinders se dood op die pad nie ….

IK ·

Vergun my die volgende kommentaar en indien nie hier van toepassing (rooi motor) is daar tog ‘n les in. Wanneer jy noodgedwonge (byv. om ‘n tromop botsing of reuse slaggat te vermy) met linkerwiele van die pad moet afgaan moet jy kophou om nie die voertuig terug te pluk pad toe. Veral wanneer jy agterkom jy is ‘per toeval’ af van die pad MOENIE skrik en terugpluk pad toe. Indien moontlik bly ry met linkerwiele af van die pad totdat jy óf kan stilhou óf ‘n plek kan soek waar jy kan terug pad toe. Laasgenoemde kan dalk hier van toepassing wees: Kyk na die foto en volgens my is die skouer vd pad heelwat laer as die teeroppervlakte. Daar is afgegaan vd pad, geskrik en reaksie was om dadelik te teenstuur. Die kar het begin gly EN rol voordat dit die boom getref het (die duik op die linkerkant en dak bevestig dit). Ek lees niks in K53 om leerders hierin te skool.
My meegevoel aan betrokkenes met hierdie onglukke beide op die R529. Weet iemand wat die toestand van die pad is?

Lou ·

Hierdie slagting op die paaie sal aanhou totdat daar behoorlike beheer oor uitreik van bestuurders lisensies is en behoorlike Verkeers Polisie is wat onpadwaardige voertuie en roekelose bestuurders verwyder van die paaie af.
So terwyl die ANC aan bewind is sal dit nooit gebeur nie. Hartseer maar waar.

Charlie ·

Padreëls is wêreldwyd ontwerp om gebruik van paaie veilig te maak vie alle gebruikers.
Blatante onkunde en verontagsaming van die reëls en standaarde gestel vir toepaslike bande, SAL noodwendig berigte soos hierdie tot gevolg hê.
Ek ry al meer as vyftig jaar motorvoertuie en het lisensies vir alle kategorië. In die tyd was ek sowat 30 – 40 jaar gelede betrokke by twee ernstige botsings, een veroorsaak deur n ander persoon wat padreëls oortree het en n ander deur n latente onpadwaardige voertuig.

Saint ·

Vergun my ook n paar opmerkings.
1) Ry altyd binne die beperkinge van die padoppervlak, die kar en jou eie vermoeë.
2) Sorg dat die bande geskik is vir gebruik.
3) Ry binne die redelik gestelde snelheidsperk
en les bes
4) KYK WAAR JY RY.

Calvin ·

Ek stem. Meeste ongelukke deesdae word veroorsaak deur menslike fout. Mense wat jaag, oor stop tekens ry en rooi verkeersligte sonder om eers die briek te raak, groot kanse vat. Dit raak net alhoe erger en erger. Die gevaar is so groot maar tog is daar nogsteeds mense wat met onpadwaardige voertuie ry en self mense sonder lisensies.

Alida ·

Ai mense die mense is dood. Ons weet almal hoe sleg die paaie is. Die grond langs die teer is soos n wal en as jy uitswaai foeter jy die wal af.

Wielspore ·

Ons het Vrydag vanaf Nelspruit tot Roodepoort gery, N4W, N1S en Sondag terug gery N1S, N3N en N4O.
Die roete was beplan so ook die tyd om spitsverkeer te vermy, oor die algemeen was die hele roete aangenaam, daar was een ongeluk waar die N4 en N1 bymekaar aansluit, enkelvoertuig, oorlaaide Bakkie waar die bestuurder beheer veloor het, die pad was gesaai met die inhoud van die vrag.
Opmerklik was dat swaar voertuie mekaar op die hoof weg verbysteek en dan vir km’s die regterbaan beset. So ook LMV bestuurders, klou aan die regterbaan, die manne met die GP nommers.
Wat ook opmerklik was is die hoeveelheid wrakke op die pad, voertuie wat skeef loop, abnormal rook, vol duike, soos vir baie duike, ligte buite werking.
Daar was ook ongemerkte verkeersvoertuie in die Bronkhorstspuit omgewing en een jaagduiwel is tot by die petrol stasie gevolg en daar beboet.
Met goeie beplaning kan jy ons paaie meer geniet. Laat die wiele draai.

ne ·

@Alida – ek stem saam met jou. Maar wie is verantwoordelik vir die swak paaie? Ons anc regering wat te lang vingers het. Vergelyk die paaie voor 1994 met nou. Slaggate net waar jy kyk.

Padgebruiker ·

Ons ry elke 3 weke na Limpopo en ek kan getuig dat jy ‘n streep kan trek waar Gauteng se provinsiale pad ophou en Limpopo begin. Dit is uiterste swak paaie en ons ry nou ompad deur Mphumalanga net om daardie pad te vermy. Nie net is die “bestuurders” op daardie pad roekeloos maar ook is die paaie in ‘n verskriklike toestand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.