Drie mense is dood en talle ander beseer toe ʼn taxi en ʼn motor Vrydagmiddag in Inanda Glebe in KwaZulu-Natal gebots het.
Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê hul paramedici het 15:50 na die toneel in Ntuzumaweg gehaas.
“Volgens berigte op die toneel het die taxi en die motor gebots. Twee insittendes van die taxi en een insittende van die motor is op die toneel dood,” het Herbst gesê.
Volgens hom is 12 ander mense gering beseer.
Herbst het gesê die brandweer moes meganiese toerusting gebruik om die insittendes uit die wrakke te bevry.
Die polisie ondersoek die voorval.
weereens, motors maak meer mense dood as vuurwapwens. tog…. die motoreienaae hwr kennis gekry om sy lisensie en sy voertuituiglisensie te hernieu. maar die vuurwapeneoenaars het nie kennis gekry om hulle vuurwapenlisensies te hernieu nie. hulle ekskusie van dis deel van sie kompetensie, hou nie water nie. voertuie is gevaarliker as vuurwapens.