Drie dood toe trein tref; man in hof

Argieffoto.

Argieffoto.

Die bestuurder wat van strafbare manslag aangekla word nadat ʼn trein in sy motor ingeploeg en die dood van drie kinders veroorsaak het, het in die Rustenburg-landdroshof verskyn.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, sê die saak teen Qawukeni Lwandile (27) is tot 24 April uitgestel vir verdere ondersoek. Lwandile bly in aanhouding.

Lwandile het op 20 Maart 12 pre-primêre en laerskoolkinders tussen Zinniaville en Rustenburg-Noord vervoer toe die ongeluk gebeur het. Lwandile het glo ander motoriste wat by die spooroorgang gewag het verbygesteek waarna sy Toyota Avanza op die spoor vasgesteek het.

Die trein het in sy motor ingeploeg en dit saamgesleep. ʼn Agtjarige seun is op die toneel dood. Nog twee kinders is met hul aankoms by die hospitaal dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.