Drie dood toe trok glo oor motor ry

Albei voertuie het by ʼn wal aan die kant van die pad afgetuimel. (Foto: Verskaf)

Drie mense is Woensdagoggend in Bosbokrand in Mpumalanga dood, nadat ʼn vragmotor glo oor ʼn motor gery het.

Moeti Mmusi, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, sê daar was om 11:00 ʼn botsing op die R40 naby Dwarsloop wat die lewe van drie mense geëis het.

“ʼn Vragmotor met ʼn geartikuleerde koppeling het oor ʼn ander motor gery wat daartoe gelei het dat albei voertuie by ʼn wal aan die kant van die pad afgetuimel het.”

Paramedici is na die toneel ontbied en die vragmotorbestuurder, asook die twee insittendes in die motor is dood verklaar.

“Ons kan nog nie in hierdie stadium bevestig wat die oorsaak van die ongeluk was nie,” sê Mmusi.

“Die bestuurder van die motor het vermoedelik probeer om ʼn ander voertuig verby te steek voor die noodlottige ongeluk met die vragmotor.”

Volgens Mmusi is nooddienste en wetstoepassingsowerhede op die toneel besig om die wrakstukke van albei voertuie op te ruim. Die betrokke pad is deels gesluit totdat die opruimingswerk afgehandel is.

Die polisie ondersoek intussen die omstandighede rakende die voorval.

(Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Niklaas ·

Ja, ek ry soms daardie pad en soos reg oor die land , sien ek daar die roekeloses , dronkies en wetsoortreders wat soos mal goed ry en soveel doodsgevalle veroorsaak. Geen oplossing nie.

KatjieDeKat ·

Hierdie land is n slagpale. Sommige dae Kan ek net nie. Wat help dit mens sê eens iets? Just survive through each day, if you can, like in the post apocalyptic movies. Hierdie land is soos 28 Days Later gemeng met die Mad Max flieks. 24/7/365.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.