Drie dood toe trokke bots; N14 gesluit

Swaar verkeer op die N14-Noord kort nadat die ongeluk gebeur het. (Foto: Twitter via @itrafficgp)

ʼn Noodlottige ongeluk waarby drie vragmotors betrokke was op die N14 in Centurion, het Vrydagmiddag erge verkeersopeenhopings tot gevolg gehad.

Die N14-Noord moes vanmiddag heeltemal gesluit en verkeer herlei word ná die ongeluk naby Jeanlaan.

Charles Mabaso, waarnemende hoof van die Tshwane-nooddienste, het gesê die ongeluk het net voor 13:00 gebeur. Owerhede op die toneel het gesê dit sal ure neem om die toneel op te ruim en die vloei van verkeer te herstel.

Volgens Mabaso het die een vragmotor ʼn ander vragmotor gesleep toe die kabel tussen die twee vragmotors gebreek het. Die vragmotor het stilgehou en twee mans het probeer om die agterste vragmotor weer vasgehaak te kry. Op daardie oomblik het ʼn derde vragmotor van agter teen die tweede vragmotor gebots.

“Die twee mans wat probeer het om die kabel te herstel, is op slag dood. Die bestuurder van die derde vragmotor het aan sy beserings beswyk terwyl die reddingsdienste besig was om hom uit die wrak van die voertuig te sny,” het Mabaso gesê.

Hy sê nog twee mense is beseer, waarvan een glo in ʼn kritieke toestand was, en hulle is na die Unitas-hospitaal gehaas.

Luidens inligting op sosiale media het die ongeluk veroorsaak dat verkeer op die N14 erg opeenhoop, aangesien motoriste vanaf die Brakfontein-wisselaar nie op die snelweg kan kom nie en van alternatiewe roetes gebruik moet maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Rooi Jan ·

Jy mag nie sommer net sleep soos jy wil nie veral op snelwee. Maar daar is n deel van ons bevolking wat dink daardie regulasies is nie vir hulle nie. Wat vandag gebeur het is die gevolg daarvan. Dit is net jammer dat ander mense ook moet lei agv hierdie domastrante houding.

Anon ·

Net oor iemand stupid ry en verongeluk, moet ons almal anders ure op die pad sit en in traffic, petrol mors, tyd mors. Haat dit.

Robert ·

So die 3de vragmotor bestuurder kon nie sien daar staan ‘n vragmotor stil nie. Het seker te vinnig gery?

pieter ·

Vragmotors se volgafstande ni volgens wet nie kry 3 tot 4 van hul op pad ry so opmekaar dat daar nie spasie is vir motors om verby te gaan nie – bygese nie alle bestuurders ry so ni da ander wat soms plek maak om jou te laat verby gaan

Marisa ·

Genade maar ons is darm n ongevoeligge ongeskikte selfsigtigge nasie. Mense is dood. Hulle het tien een een families waarvoor hulle gesorg het. Ander is enstig beseer…..en in plaas van hartseer wees en dink aan geliefdes wat agter bly, is hier mense wat kerm oor hulle moes vas sit in verkeer.
Ek staan verstom regtig…. Swak smaak!!!

Mieke ·

Maria, ek stem so saam met jou.
Die trokdrywers was tien teen een die enigste broodwinners, miskien met (Klein) kinders, wat nou pa-loos groot moet word, en honger gaan slaap……..
Dis inderdaad nie reg om met iets onpadwaardig te sleep, maar as hulle ‘n ander opsie gehad het sou hulle dit sekerlik gebruik het.
Sterkte aan die agtergeblewenes…….
Die “government “ sal hulle virseker nie help nie………..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.