Drie dood toe vragmotor glo vir taxi uitswenk

Drie mense is dood nadat die vragmotor omgeslaan en mense langs die pad getref het. (Foto: ER24)

Drie mense is dood en 12 lig beseer nadat ʼn vragmotor glo uitgeswaai het vir ʼn stilstaande taxi en in ʼn groep mense langs die pad ingeploeg het.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het gesê 12 mense het ligte beserings opgedoen.

Paramedici van ER24 was Sondag om 14:22 saam met verskeie ander nooddienswerkers op die toneel op die R41 in Witpoortjie, Roodepoort.

“Al die pasiënte is vermoedelik volwassenes. Twee van die pasiënte was vermoedelik in die vragmotor en die res was ongelukkige omstanders,” het Campbell gesê.

“Twee mense was onder die vragmotor vasgekeer en ʼn derde op die grond direk agter die vragmotor. Al drie is op die toneel dood verklaar.”

Slagoffers is na die Leratong-hospitaal vir behandeling geneem.

Die metropolisie was op die toneel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pieter

Taxi’s – hulle moet verwyder word. Geen reels of dissipline nie.

Persheks Adri

WEER die verdomde taxi’s! Haal die goed van die pad af hulle veroorsaak net ongelukke en dood pffft!

Misky

Alweer taxi betrokke……. 90% oorsaak van padongelukke.

Marius

Ja as daar taxi in die opskrif staan se dit alles . Hulle het mos die mag om met mense se lewens te dobbel net soos hulle wil .

Pieter J

Hier in die kaapse skiereiland ry hulle sommer in die busbane in verkeerde rigting as hul lus het.