Drie dood, twee beseer in Bloem-skietery

Argieffoto

Argieffoto

Drie mans is Saterdagaand dood en twee beseer tydens ʼn skietvoorval in Bloemfontein in die Vrystaat.

“ʼn Groep vriende het omstreeks 20:30 by ʼn winkel in Rocklands in Bloemfontein gesit en kuier toe twee onbekende mans uit ʼn taxi gespring en lukraak op hulle begin skiet het,” het konst. Peter Kareli, woordvoerder van die polisie, Sondag gesê.

Die polisie van Kagisanong is ontbied en hulle het na die toneel gehaas. “Vyf van die mans het ernstige beserings opgedoen. Hulle is in die kop en bolyf geskiet,” het hy bygevoeg.

Drie mans, tussen 30 en 35 jaar oud, is op die toneel dood. Twee ander is in ʼn ernstige toestand na die Pelonomi-hospitaal gehaas.

“Een van die persone wat dood is, het ʼn 9mm-pistool in sy hand gehad met ses lewendige rondtes,” het Kareli verduidelik. “Die motief vir die skietery is nog nie bekend nie. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.”

Hy doen ʼn beroep op enigiemand met verdere inligting om sers. Matli Machalotsa van die Kagisanong-speurdiens te skakel by 071 629 5819.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.