Drie dood, twee beseer na militêre vliegtuig val

Argieffoto

Argieffoto

Drie mense is dood en twee beseer nadat ‘n militêre vliegtuig naby Lydenburg in Mpumalanga neergestort het.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, sê die vliegtuig het van die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria opgestyg. Hy sê die vliegtuig het vyf mense, insluitend twee vlieëniers, aan boord gehad.

“Die twee vlieëniers en een van die passasiers is op die toneel dood.” Mohlala sê die beseerdes is per helikopter na die Mediclinic Nelspruit geneem vir verdere behandeling.

Brig.genl. Xolani Mabanga, woordvoerder van die weermag, sê die vliegtuig was deel van ‘n opleidingskamp in die Lydenburg-area. Hy sê die name van die oorledenes sal bekend gemaak word sodra hulle families in kennis gestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.