Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, sê die vliegtuig het van die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria opgestyg. Hy sê die vliegtuig het vyf mense, insluitend twee vlieëniers, aan boord gehad.
“Die twee vlieëniers en een van die passasiers is op die toneel dood.” Mohlala sê die beseerdes is per helikopter na die Mediclinic Nelspruit geneem vir verdere behandeling.
Brig.genl. Xolani Mabanga, woordvoerder van die weermag, sê die vliegtuig was deel van ‘n opleidingskamp in die Lydenburg-area. Hy sê die name van die oorledenes sal bekend gemaak word sodra hulle families in kennis gestel word.