Drie dood, twee kritiek ná vragmotorongeluk

Die bakkie was onder die vragmotor ingewig. (Foto: Verskaf)

Drie mense is Maandag dood en twee is in ʼn kritieke toestand ná ʼn botsing op die N3 naby Harrismith.

Volgens Kyle van Reenen, woordvoerder van Emer-G-Med, was ʼn Toyota Hilux met vyf insittendes onder ʼn vragmotor ingewig naby die Eram-afrit.

“Drie van die insittendes het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Die ander twee insittendes was in ʼn kritieke toestand.”

Dié twee pasiënte is deur paramedici gestabiliseer, terwyl reddingstegnici masjinerie gebruik het om hulle uit die wrakstukke te bevry. Hulle is vir noodbehandeling na ʼn plaaslike hospitaal geneem.

Die vragmotorbestuurder en een passasier het matige beserings opgedoen en is op die toneel behandel. Hulle is na ʼn plaaslike hospitaal verwys vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie, maar die polisie was op die toneel en ondersoek die saak verder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Belinda

Shame ek dink altyd aan die wat nog na werk vir hul mense wag, en as die persoon/e nie opdaag en hul begin ondersoek in stel, om uit te vind hul mense is die oggend in gru-ongelukke dood. Sterkte aan die families.

Grens

As ek so na die agtergrond kyk, lyk dit of die vragmotor dwars oor die pad staan.