Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê ʼn minibustaxi en ʼn Toyota Avanza het Vrydagaand naby Spineweg in Khayelitsha gebots. Volgens Bodasing was ʼn man en ʼn vrou in die Avanza vasgekeer. Paramedici het hulle ondersoek en albei is op die toneel dood verklaar. Hul liggame is met meganiese toerusting uit die wrak verwyder.
Volgens Bodasing is een van die taxi se passasiers glo tydens die botsing uit die voertuig geslinger. Hy is op die toneel dood verklaar. Twee kinders, tussen drie en nege jaar oud, het ernstige beserings opgedoen. Bodasing het gesê twee mans het ligte beserings opgedoen. Die beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere mediese sorg.
Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
N2 = snelweg = eenrigting verkeer = genoeg bane = hou in jou baan = MOENIE deur verkeer vleg = spoed BINNE perke = GEDULD + wakker bly.
Heel eenvoudig want selfs ek kan dit verstaan.
Ek stem Peet… Easy peasy lemon squeezy.