Drie mense is dood en vyf ander ernstig beseer toe twee voertuie Saterdagmiddag op die R57 net buite Sasolburg reg van voor gebots het.
Annine Siddall, ER24-woordvoerder, sê die bestuurders van albei motors, glo vroue, en ʼn 14-jarige kind was steeds in die motorwrakke vasgekeer met die nooddienste se aankoms op die toneel.
Siddall sê daar was niks wat paramedici vir dié drie slagoffers kon doen nie, en hulle is op die toneel dood verklaar.
Vyf ander mense, onder wie ʼn 14 maande oue baba, is in ʼn ernstige toestand na die hospitaal gehaas. Twee van dié mense moes per helikopter na die hospitaal geneem word weens die omvang van hul beserings.
Die vyf beseerdes was teen Sondagoggend steeds in ʼn ernstige toestand in die hospitaal. Siddall sê meer inligting is nie in dié stadium bekend nie.
ʼn Polisieondersoek na die voorval is Saterdag van stapel gestuur.
kyk net hoe jag die mense op die N17 tussen springs en secunda ,geen speod grens hulle wat verby op sperstreppe ,geen geduld PAD VAN DIE DOOD
Ons wil nie meer lees oor padongelukke nie .
Wel,hou dan op nuus lees,dit is realiteit.Lees dan liewers die sarie.
So het ons ‘n dierbare Sonskyn vriendin verloor. Sy is reguit hemel toe glo ek. Rus in vrede. Ons gaan jou verlang.
Ai dit is so tragies, jare lank op die pad gewerk en mens probeer help maar voel ‘n mens so magteloos, baie sterkte vir die mens wat deur die smart moet werk. Ek was nie eens famillie nie en het ek nagte en nou nog wakker le oor lewens wat so sinneloos en vermink verloor word, Al wat ek kan se is soos die Engelsman se ” When in doubt , Dont!!! “