Drie dood, vyf beseer toe betonstruktuur ineenstort

‘n Foto van die betonstruktuur wat ineengestort het (Foto: Rescue Care)

Drie mans is dood en vyf ander beseer toe ʼn onvoltooide gebou in KwaZulu-Natal Woensdag ineengestort het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care in die provinsie, sê die voorval het glo net ná 12:00 op Chamberlinweg in Jacobs gebeur.

Volgens Jamieson het die betonstruktuur op die werkers en ʼn vragmotor ineengestort. “Die vyf mans wat ernstige beserings opgedoen het is deur paramedici van Advanced Life Support gestabiliseer en toe na nabygeleë hospitale in die provinsie geneem,” sê hy.

Volgens hom was die drie mans wat oorlede is vir etlike ure onder die betonstruktuur vasgevang. Hy sê Durbanse brandweerdienste en die polisie se soek-en-reddingspanne het vir ure gesukkel om die mans te bevry. Die mans was egter reeds dood weens die veelvuldige beserings wat hulle opgedoen het.

“In dié stadium is dit nie duidelik wat aanleiding daartoe gegee het dat die struktuur inmekaargestort het nie. Die polisie was egter op die toneel en het ʼn ondersoek na die voorval van stapel gestuur.”

Meer inligting is nie bekend nie.

‘n Foto van die betonstruktuur wat ineengestort het (Foto: Rescue Care)

‘n Foto van die betonstruktuur wat ineengestort het (Foto: Rescue Care)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Dafer ·

Sekerlik ‘Ja?’ mag jy dit vra! As dit ‘n struktuur is, is daar meer mense waarna gekyk moet word, soos byvoorbeeld die struktuurkundige ingenieur wat die ontwerp voorsien – as daar een was – die organisasie wat die struktuur oprig, het sekerlik QC verwag van die oprigters, en die dokumente behoort in hulle besit te wees. So, daar is ‘n hele paar vrae wat gevra kan word, en ‘n hele paar mense om dit te beantwoord. Die probleem gaan wees om Die Veranwoordelike Persoon te kry. As hy wit was, was hy sekerlik al opgesluit, en hierdie ander mense het mos nie die vaagste benul van verantwoordelikheid nie.

Oom Kalahari ·

@Ja….stem heelhartig met jou saam, swak vakmanskap. Wie is die kontrakteurs en onder watter maatskappy is die kontrak toegestaan. Kry ordentlike bou Inspekteure en Veiligheids beamptes, Ouditeure om die oorsaak te ondersoek. Dalk kom jul nog af op interne dingetjies wat mense se lewens gekos het.

Poernjap ·

Daar word maar nie geleer nie. Ek is dankbaar ek is nie vanoggend in daardie struktuuringenieur se skoene nie.

Theresa B ·

Bou is ook nie meer bou soos vroeër nie. En alles gaan oor geld. Kyk waar kan gespaar word ens, dan gebeur sulke dinge en natuurlik die onkunde van bouers self.

Chris Noordkus ·

Net een vraag, waar was/is die Bou Inspekteur van hierdie Metro met gereelde inspeksies?? Hierdie is nie die eerste keer nie en glo my ook nie die laaste keer nie.

Francois Joubert ·

‘n Bouinspekteur se werk is om na te gaan dat die werk volgens die goedgekeurde bouplan uitgevoer word. Dis al. Hy het geen se oor die kwaliteit van vooraf vervaardigte betonpanele en struktuurwerk nie. Die struktuuringenieur is hiervoor verantwoordelik en hy spesifiseer werk volgens ‘n sekere standaard. Hy staan nie heeldag op terrein en dus kan die gekose kontrakteur kortpad vat met swakker beton om geld te spaar ens. Hiervoor vra hy wel ‘cube tests’ aan, maar gegewe jy iemand basies oral kan omkoop is ek bevrees hierdie kan wel gekook word.

Karinda ·

Ja dit is seker die niggie wat Justine verkoop het wat die kontrak gekry het en haar nefies wat tik snuif wat help bou het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.