Drie dood weens onwettige kragverbindings in die Baai

(Argieffoto)

Nie minder nie as drie jong mense is die naweek in Gqeberha weens onwettige kragverbindings dood. Die Oos-Kaapse polisie doen nou ʼn beroep op die publiek om hulle van dié praktyk te weerhou.

Kapt. Andre Beetge, polisiewoordvoerder, sê die liggaam van ʼn 26-jarige man is Saterdag in die vroeë oggendure op die dak van ʼn huis in Kuyga in die buitewyke van Gqeberha aangetref.

Die vrou wat in die hoofhuis op die erf in Coutastraat woon, het omstreeks 02:00 die honde hoor blaf en na buite gegaan om ondersoek in te stel.

Dit is toe dat sy op die jong man, wat in ʼn woonstel op die erf gebly het, se liggaam afkom. Die man het kragdrade in sy hand gehad.

“Daar word vermoed dat die man probeer het om elektrisiteit aan sy woonstel te koppel toe hy doodgeskok is,” sê Beetge.

ʼn 24-jarige vrou is Saterdagaand doodgeskok nadat sy na bewering aan ʼn onwettige verbinding in Wells Estate geraak het terwyl sy gehurk het.

ʼn Paar uur later is ʼn 18-jarige meisie ook doodgeskok.

Beetge sê ʼn groep vriende het Sondag omstreeks 04:30 deur ʼn oop ruimte in Auburnstraat, Booysens Park, gestap toe die meisie na bewering op ʼn onwettige verbinding getrap het.

Een van die mansvriende het probeer om haar te help, maar is toe self geskok.

Geregtelike doodsondersoeke word in elkeen van die gevalle gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Kurt ·

Ek hoop die overhede gaan van krag tot krag om hierdie misdaad uit te roei.

Di ·

Onwettige verbindings in die grootste oorsaak dat die res van ons met “load shedding” moet sit. Miljoene gebruik onwettige krag waarvoor hulle nie ‘n sent betaal nie. Geen wonder ESKOM is brankrot nie. Hierdie tipe ding het handuit geruk en moet dringend iets aan gedoen word.

Vonkprop ·

Die polisie moet ophou om ‘n beroep te doen op kriminele en moet begin optree. Geharde misdadigers gaan nie nou ophou omdat daar ‘n beroep op hulle gedoen is nie.

SjN ·

Die mense wat die onwettige kragverbindings gekoppel het moet mos verantwoordelik gehou word vir die wat gesterf het en vervolg word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.